Kaap-rampe: Paramedikus geskors oor uitlatings

Argieffoto: Rescue 911

ʼn Paramedikus van Netcare 911 is Vrydag geskors oor ʼn uitlating wat hy glo op Facebook gemaak het te midde van die natuurrampe wat vandeesweek die Wes-Kaap getref het.

Netcare 911 het in ʼn verklaring gesê die paramedikus het Donderdag “diskriminerende opmerkings” op sy persoonlike Facebook-blad gemaak.

Craig Grindell, Netcare 911 se uitvoerende hoof, het gesê die organisasie distansieer homself heeltemal van die paramedikus se “onaanvaarbare aanmerkings”.

“Netcare en Netcare 911 het ’n ferm beleid wat geen diskriminasie duld nie. Ons sal nie huiwer om die sterkste moontlike stappe te doen teen ’n personeellid wat die maatskappy se waardes, etiek en gedragskode skend nie,” het Grindell gesê.

“Ons gedagtes is in hierdie krisistyd by die gemeenskappe van Knysna, Plettenbergbaai en verder langs die Tuinroete. Ons betuig ons innige meegevoel met die families wat geliefdes in die verwoestende brande verloor het.”

Die paramedikus se tugverhoor sal volgende week plaasvind.

Maroela Media het navraag by Netcare 911 se skakelagentskap, Martina Nicholson Associates (MNA), gedoen oor wat presies die paramedikus gesê het. Martina Nicholson het geantwoord dat die agentskap verkies om nie die uitlating te herhaal nie.

“Die uitlating is intussen op sosiale media verwyder en ons verkies om dit nie te herhaal nie aangesien Netcare 911 nie die negatiwiteit rakende die situasie wil vererger nie,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig die burgerregte-organisasie AfriForum het Vrydag verskeie “rassistiese plasings” veroordeel wat op sosiale media gemaak is te midde van die natuurrampe in die Wes-Kaap en spesifiek Knysna. Lees die kommentaar hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Ander Annie ·

Hoe kan hy beseerde en siek mense help as hy so voel? Ek hoop Netcare besef die man is ‘n gevaar. Ek sit ‘n baie groot vraagteken oor sy etiek in sy beroep.

Kaspaas ·

Annie wil jy vir my se geen persoon/paramedikus/dokter/polisieman/regter en en en het nie n opinie oor sekere dinge nie. Hy het net syne op sosiale media gesit maar glo my almal insluitende ek en jy het n opinie oor iets wat nie sosiaal aanvaarbaar sal wees vir almal nie. Dit maak nie wat hy gese het reg nie maar dit maak hom nie n gevaar nie.

Willem ·

Natuurlik maak dit hom ‘n gevaar! Sal hy, na hy sy gevoelens so duidelik gemaak het, ‘n gay persoon help tot die beste van sy vermoë? Ek twyfel

My mening ·

Ongeag van op wie ookal sy aanmerking gemik is hoort hy nie in enige nooddiens want hy sal sy diskriminerende gedrag hier ook uithaal waar hulp nodig is.

Ai ·

En wat van die ander wat Maroela van berig het? Dit was darem maar vreeslike uitlatings.

Ek stel voor hulle almal word R150 000 beboet soos die voeltjie vrou en al daardie geld kan bydrae tot die hulp fonds vir die mense wat als verloor het. Kom nou Afriforum, ek dink dis n produktiewe manier om van iets leliks iets goeds te maak.

Caroline ·

I am concerned now for my safety and family and friends if they ever need help. We do not need people who decide by race who should be helped in crisis. I ask kindly that the person involved be removed from service. My medical aid uses this specific service I will have to change medical aid to insure my life will be priority when I require help. This is to be seen as a very serious matter as if one person has this mentality then who else.

marius vermaak ·

One person. you will find them all over. Don’t let one stupid person scare you. in the emergency services are thousands of medical staff that help someone in a crisis irrespective of race.

Kaspaas ·

Caroline you are completely over reacting had Netcare not taken action it probably would not have reached the media and you would have been non the wiser. Do you really think similar view points will not be found in other emergency services. One person does not make an organisation that is why Netcare took action. If you are in a desperate medical emergency and Netcare is there first are you going to tell them to leave and wait for the next ambulance. I think not

Adri ·

Hy is maar een van vele. Gaan daar teen die ander ook opgetree word soos teen blankes wat een ou verkeerde woordjie laat uitglip? Waarskynlik nie.

N. Fourie ·

Wys die persoon sê gesig. Hy werk met alle rasse se lewens. Hoe Kan ‘n rassis toegelaat word om dit doen. Hy Kan mense opsetlik te na kom en selfs Laat sterf vanwee Sy rassistiese oortuigings.

Frikkie ·

Ja wys sy gesig en gee sy naam..hoekom word ons mense gename en geshame..wat maak hom of haar anders

LB S ·

Sy gesig was gewys en die boodskap gepubliseer op Netwerk24 gister.

Pieter ·

Hy se glad nie iets oor ras nie hy praat van gay persone!!!!

al ·

Hy is nie ñ paremedikus se alie werd nie. Hoe kan ek my lewe in sy hande plaas wanneer ek noodhulp nodig het?
Hy kan R150 000 sommer skenk aan die rampbestuur met sy uitlatings en 100 uur gemeenskapswerk doen. Dis net regverdig.

al ·

Ja Afriforum, almal wat rassistiese aanmerkings gemaak het, moet aangekla word.
Dis ñ skreiende skande dat daar verlustig word in ander se nood.

Marlene ·

Dis kommerwekkend vir iemand in ‘n beroep om lewens te red.
God help us:(

Mielie ·

Welgedaan Nercare911. Dis n goeie voorbeeld om te stel. Berei julle maar voor teen die boelies van JM en ook massa intimidasie. Hoop net die regte besluit word geneem by die verhoor

Besorg ·

Daar sal ‘n ondersoek gehou moet word oor hoeveel blanke mense onder sy versorging gesterf het.

marlene ·

Ek ken verskeie lede van Netcare 911 hier in Pretoria. Hulle is absoluut toegewyd en sal 24/7 werk om lewens te red, ongeag van ras. Dalk is hierdie net ‘n geisoleerde geval, van ‘n rassis in ‘n verkeerde beroep, wie se tyd uitgeloop het.

Gerhardt ·

Hy is dalk n moontlike moordenaar vir al wat ons weet.Indien die paramedikus wit was sou hulle al lankal sy gesig gewys het.Ons kan dus verseker weet dat die persoon nie wit is nie.Wys sy gesig.Waarom word dit weggesteek.

Gerhardt ·

Ek sien Maroela plaas nie my kommentaar oor wat se ras ek dink die paramedikus is nie.Ek lees egter op news 24 dat n swart mens hierdie aanmerkings gemaak het.So Maroela hoef dus nie skaam te wees om die mens se gesig te wys nie.Sal seker ook more in Rapport gewys word.Maroela probeer polities korrek wees.Tot wie se voordeel wonder ek.

Genoeg ·

Ons is almal lid van Afriform en eis dat daar teen sulke geenwerd mense met haatuitspraak opgetree word.

Gert ·

Ons almal??? Neeeeee
Van ons het wakker geskrik en besef die polities korrekte afri en soli melk maar net sy lede. Mens hoor nooit van vervolging oor die rassisme nie. Julle mors julle geld. Spandeer dit eerder op dstv dis beter kwaliteit…..

Swannie ·

AfirForum wil nie lede werf nie – hulle werf BEURSIES, want geld is al waarin hulle belangstel.
Slegte stel afgetrap met hulle, so ek weet waarvan ek praat.

LB ·

Ek skaar my by die res van die opinies, hierdie persoon moet net so in die openbaar hanteer word as Penny Sparrow en die ander dame wat weens erge ontsteltenis haarself te buite gegaan het en die K woord geuiter het. Hy moet sy gesig in die media wys, wat hy gesê het moet wyd herhaaldelik aangehaal word, hy moet in die openbaar verskoning vra en hy moet dieselfde boete opgelê word net soos die ander gevalle hanteer is of daardie ander boetes moet teruggetrek word en almal mag maar sê wat hulle wil van nou af?

lynni ·

Julle het kat aan stert beet. Hy is afrikaans. Het niks rassisties geplaas nie. Hy is gekant teen gay huwelike. Glo klomp gay troues wat in Knysna voltrek is. Gese mense moet nie nou huil oor brande nie.

Dirk ·

Of dit nou rassisme is of haat spraak teenoor gay mense, die ou verdien om geskors te word. Sy uitlatings oor gay mense is onaanvaarbaar en wreed, nie net vir gay mense maar almal wat geaffekteer is deur die rampe.

Wat hy eintlik sê is God straf onskuldige mense vir ander mense se aksies? Snert man. Anyway, om gay te wees is nie ‘n sonde nie. So die ou glo God wis mense (insluitend ‘n 3-jarige seuntjie op sy verjaardag saam met sy mamma en pappa) oordat daar gay mense is in Knysna?

Op watter planeet leef die man? Na my mening moet hy (en enige ander gay hater) terug gaan na daai planeet en vredeliewende Suid Afrikaanse mense uit los.

Ek vind dit dan ook snaaks dat God nie hele stede uit wis waar kinders verkragters, moordenaars ens. hulle kriminele aktiwiteite voort sit nie. Snaaks hoe dit werk ne?

vermeende ·

Nerens kan ek sien wat die persoon gese het nie, so relax net, julle weet mos hoe die media die dam onder die eend kan uit ruk as daar van rassisme derig word.

Se net.... ·

Lees news 24 sy foto naam en wat hy gepost het is daar. Gaan oor gay uitlatings

Adam ·

Afrikaners is veronderstel om plesierig te wees, mede-volksgenote. Darem maar moeilik om persepsies met feite uit te doof, veral in ‘n era waar oningeligtheid binne sekondes absolute twak tot evangelie verhef.

Susan ·

Asb gee hom rn al die ander boetes van 150 000 en gemeenskapdiend. Belê die geld in Knysa en Sy mense wat jul van hul kry vir die boetes. Ek hoop wil word by gesig gewys en verneder ons het Nie hierdie vrot appels in ons samelewing nodig nie. Wat ander probeer opbou breuk hul net af. Ag sies. Hoop die wiel draai vinnig vir hulle.

Pieterlewismuts ·

Volgens die.voorbeeld.wat bestaan in die geval.van Me Penny Sparrow behoort hy n boete van minstens R 150 000 opgelos te word en boon op uit sy werk ontslae te word.
Wat.goed is vir die.een is goed vir die ander anders word daar diskreminasie gepleeg.

SARIE VAN HEERDEN ·

Mev Sparrow het maar net die frustrasies gelug wat ons almal beleef wat te doen kry met dit waaroor sy geskryf het en dit NIE MAG GEDOEN HET NIE. Ek WEET wat aangegaan het en waaroor sy ontevrede was.
Ook het Godsdiens ‘n tyd en plek vir alles, en dit moet uitgehou word by allerhande daagse allegebeurlikhede wat om ons plaasvind. Ons as Christene praat maklik van die Moslems, ens. Ek sien Gifts of the Givers is WEEREENS totaal betrokke by die hartseer verliese in die Kaap. Gifts of the Givers is ‘n Mosleminisiatief maar doen goed en help , maak nie saak wie of wat dit benodig nie. Dit het my laat dink ………………. LANK laat dink .

lynni ·

Ek stem saam met Dirk. Arme mense wat hul lewens verloor het. Die angs waardeur hul gegaan het.

Andries ·

Julle almal wat so skreeu oor ras….dis toe ‘n blanke ou wat ‘n uitlating oor gay-bedrywighede gemaak het. Gaan lees op News24 voor julle hier julle onkundevir almal kom uitblaker.

Robert ·

@ sarie van heerden: sê vir my wat laat jou dink. die moslems dink goeie dade sal hulle in die moslem hemel laat beland wat miskien waar is maar dit hulle nie in my Here se hemel laat beland nie. die enigste manier hoe jy in die regte hemel kan beland is om jou hart vir Jesus te gee en geen ander manier nie. nie mooi praatjies, mooi denke of dade nie. so wat sê ek vir jou, dit is ‘n geforseerde aksie van die moslems af by jou moet dit vanself kom en dis net God wat daardie drang in jou kan wakker maak. die krieket speler wayne parnell het moslem geword oordat hy oorwinning oor oa sy humeur wou kry, hy het nou die oorwinning gekry maar teen watter prys. Laat jou dink.

Marisa ·

Ek sal ons mense nooit verstaan nie. Maroela menings het gewemel van rassistiese uitlatings oor die brande, en nou kruisig almal soos een man hierdie paramedikus – vanweë die aard van sy beroep? So almal kan rassistiese uitlatings maak solank dit nie ‘n dokter, verpleegster of paramedikus is nie? En ek lei af dit het iets te doen gehad met ‘gay’ huwelike wat in Knysna voltrek is – hoe verbind mense dit aan rassisme? En hoekom kan hy nie godsdienstige menings hê nie? Mense hoef mos nie met hom saam te stem nie.

Willem ·

Jy mis die punt. Die ou se werk is om lewens te red, na ‘n uitlating soos die, wonder mens wat hy sal doen as hy ‘n gay mens moet red? Dis nie ‘n godsdienstige uitlating nie, dis homofobie

kobus ·

Die man het op sosial media gesê dat gay huwelike in Knysna die rede is dat God die vure in die tuinroete ontketen het.
Dit laat my dink aan Rev. Jerry Falwell wat destyds dieselfde bewerings kwytgeraak het tydens 9/11. Dit terwyl reddenswerkers nog besig was om lewende mense onder die puin uit te haal…
Dit is ń voorbeeld van gelowige mense wat dink hulle kan afskuwelike dinge sê ( en daarmee wegkom) net omdat hulle dink hulle het god aan hulle kant.
Ek glo nie hy moes sy werk verloor het nie maar ek hoop hy kry skaam . Hy behoort te minste op dieselfde platform om verskoning vra aan die daklose en hartseer mense van Knysna en Plettenberg Baai wat geliefdes verloor het in hierdie verskriklike natuurramp.

anton ·

Baie binnekort gaan dit n oortreding wees om n christen te wees in die land en as jy godsdiens praat gaan jy vervolg word.
Dan wonder ons hoekom brand die land en die wêreld.
Israel het vir 40 jaar swaar gekry en rondgeswerf omdat hulle ongehoorsaam was aan God!!!
Ek wonder waar staan ons in die land tans?

amvi ·

Laat hom verskoning vra en aangaan met sy werk. Moontlik is daar ‘n rede waarom hy so iets gese het. Gee hom kans om te verduidelik maar ons kan nie bekostig om een van ons paramedici te verloor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.