Kaapse 2-jarige langs ma doodgeskiet

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

ʼn Polisie-ondersoek is van stapel gestuur nadat nóg ʼn kind oor die naweek in die kruisvuur van ’n bendeskietery doodgeskiet is – hierdie keer in Hanoverpark in Kaapstad.

ʼn Tweejarige seuntjie is Vrydag omstreeks 21:35 in Athwoodweg in Hanoverpark doodgeskiet toe hy in die kruisvuur van ʼn skietery tussen bendelede beland het.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Traut was die kleuter saam met sy ma toe ʼn dwaalkoeël hom tref. Sy ma is nie in die skietvoorval beseer nie.

Dié voorval is die jongste waarin kinders aan die hand van bendegeweld gesterf het of gewond is. Dít volg nadat ʼn 12-jarige meisie aan die einde van verlede maand in Bloemendal in Bethelsdorp doodgeskiet is.

Alvineesha Brookes (12) het in Buysstraat in Bloemendal geloop toe sy in die kruisvuur van twee bendes, die Carlitos en die Hondekoppe, beland het. Sy het ʼn skietwond in die kop opgedoen, het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, gesê.

Enkele dae daarna is ʼn kleuter in Helenvale in Port Elizabeth raakgeskiet toe hy ook in die kruisvuur van twee bendes beland het.

Die driejarige seuntjie was saam met sy pa in hul erf in Martinstraat toe twee bendes op mekaar in dié straat losbrand. Die kleuter is gedurende die skietery in sy bolyf getref waarna hy na ʼn hospitaal gehaas is, het kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die seuntjie het die voorval oorleef.

Volgens Traut is niemand nog in verband met die jongste voorval in Hanoverpark aangekeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Laetitia ·

Ag sies Suid Afrika!!
at mense so laag kan daal.
bendegeweld is ,n euwel en moet uitgeroei word so spoedig moontlik.

Jepetto ·

Dit kan mos nie so aangaan nie liewe magties wat gaan aan dis asof die duiewl hom self losgelaat is

willem Botha ·

Daar is nie n wil van die regering om hierdie bende bedrywighede te stop nie ek verstaan die polisie en weermag is verby vrot,maar wat van sekerheis personeel opleiding vanuit die bende geteisterde gebiede om die gebied te beveilig,die stad kaapstad kan dit dan self beheer.

honourable member ·

Hierdie regering kan glad nie meer wet en orde toepas. Wetteloosheid word toegelaat.

Lana ·

Hier is beslis nie ‘n regering nie. Laat staan nog ‘n president. Niemand wat wet en orde kan handhaaf.

Henriette ·

Nog erger. Hul het HEELTEMAL beheer verloor en nou word SA deur kriminele en korrupte politici beheer. My hart breek vir daardie ma wat haar kind verloor het. Tragies!!! Vir misdadigers is n lewe niks werd in hierdie hool. Liewe Hemel so kan dit nie meer aangaan nie. Ek is egter bevrees dit gaan niks minder as n heel nuwe regering kos aan stuur van sake alvorens enigiets sal verbeter.

? leser ·

soos voorheen gesê, maak die bendeleier bymekaar en sluit hom op, hy sal vinnig sy “tjomma” wat geskiet het te voorskyn bring
hy wil mos die “leier” van die bende wees, hou hom verantwoordelik

Lana ·

Hier is beslis nie ‘n regering nie. Laat staan nog ‘n president. Niemand wat wet en orde kan handhaaf.

Klopjag ·

Die meerderheid stem vir die regering, maar kla agterna! Voordat die massas nie verstaan waarvoor hulle stem nie , sal niks verander nie. Stem vir n party wat die doodstraf sal terugbring , anders sal niks gebeurnie. Kriminele het menseregte,maar niemand anders nie!

Antoinette ·

Dan stem hulle maar weer vir die ANC loop met oogklappe aan. As die mense net wil reg stem vir n regte party kan Suid Afrika verander.

pieter ·

Ontplooi die weemag in die gebiede, want op die oomblik sit hulle en niks doen nie en maak ons belastingbetalers se geld klaar.

Pieter du plessis ·

Wie se weermag?,sa het net n klomp in weermag uniforms maar die klomp is nie n weermag nie .

Bedroef ·

Aan alle kommentare: Oortuig JULLE vir ons die massas om reg te stem. Hulle lees nie koerante of het toegang tot Internet nie. Bid vir ons land en sy mense en moenie in die aand buite loop nie. Hy was net twee, hy moes al in sy bedjie gewees het ;(

Ella Bella ·

Wat soek ‘n ma 21:30 op straat met ‘n 2 jarige kind?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.