Kaapse bendeleier sit lank

George "Geweld" Thomas Foto: Thomas Holder, EWN

George “Geweld” Thomas Foto: Thomas Holder, EWN

George “Geweld” Thomas, leier van die 28’s-bende in Bishop Lavis, is Woensdag tot sewe keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Geweld is vroeër vandeesmaand skuldig bevind op 52 aanklagte waaronder moord, poging tot moord, uitbuiting, sameswering om moord te pleeg en die bestuur van ʼn kriminele bende.

Sy 16 medebeskuldigdes is ook swaar gestraf waarvan agt beskuldigdes ook tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir moord.

Meer as 50 polisiebeamptes was in die hof en beamptes van die departement van korrektiewe dienste is binne en buite die hofsaal ontplooi. Almal is deeglik deursoek voordat hulle toegelaat is.

Delekile Klaas, provinsiale kommissaris van die departement, het gesê owerhede sal “Die Nommer vernietig” binne en buite die tronk. Die nommerbende het die Suid-Afrikaanse tronkstelstel geïnfiltreer en talle persone is oortuig dat die bende ook sonder vervolging binne die gevangenis optree.

Dertien staatsgetuies is tydens die maraton-vyf-jaar-verhoor vermoor. Hishaam Mohamed van die departement van justisie het egter gesê die persone het self die getuiebeskermingsprogram verlaat.

Regter Chantel Fortuin het in haar uitspraak gesê Geweld het meer as 33 000 telefoonoproepe uit sy enkelsel gemaak. Sy het gesê dit is skokkend en dui op korrupsie in die tronkstelsel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

CHRISTA ·

Korrupsie in die tronkstelsel – wat is nuut? Kyk na ons regering – die mees korrupte is die stuurman en hy kom weg daarmee!!

scalla ·

koe kry hy dit reg om die oproepe te maak, tree op teen die skuldiges, geld wat stom is maak reguit wat krom is, korrupte wetstoepassers.

Gina ·

Daar word nie eers gewerk in die tronke nie. Hul het dan TV en selfone en die bewaarders word betaal vir gunsies. Onlangs gehoor daar word huise uit die tronk verhuur(scam) besigheid doen uit die tronk? Hul verkrag en moor binne in die tronk. Wit mense kry bit swaar in die tronke. Hoeveel onskuldige mense sit wel tussen die barbare. Wat het van die regstelsel geword?????

anet ·

Hy kan sy sterre dank dat hy in Suid-Afrika is, sou hy oorsee gewees het sou hy met die dood gestraf word, wat hy wel verdien. Hy is ‘n gebore misdadiger en aan hom is daar nie salf te smeer nie

janneman ·

Johan Kotze is een van die mense wat soos n koning lewe in Zonderwater gevangenis wat bewaarders betaal vir gunsies en gawes en ook n selfoon het hy weet wanneer hulle gan kom vissenteer dan bere hy sy foon op n ane plek my swaer is self daar en vertel ons als kan niks gedoen word om hom te stop nie is hy nie daar om n straf uittedien nie is die gevangenis nie verantwoordelik om toetesien dat dit gebeur nie

pop ·

Van wanneer af is n mens se lewe net 25 jr. want hy kry n klomp lewenslange vonnisse maar kan na 25 jr uitkom op parool vir goeie gedrag. Dis so lagwekkend dat mens kan huil.

Michiel ·

Is dit nie ook die tronk waar daai sataniste wat die vrou van PE se keel basies afgesny het en haar hele lyf ook oopgekloof het ens? Sy het mos oorleef en haar storie kon vertel en nou wil hul die gemors borg toestaan! Was onlangs op Carte Blanche, want nou is die een sleg ding in ‘n epos verhouding met ‘n dol vrou van Amerika. Mens kan nie glo sulke goed bestaan nie, in SULKE gevalle sou die doodstraf die beste wees want daar in daardie tronk regeer hul op ander maniere en het allerhande toegang tot sosiale media. Die tronk is GLAD geen straf vir sulkes nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.