Kaapse betoging: Paaie gesluit, busdienste opgeskort

Die situasie in Khayelitsha. (Foto: Twitter)

Agt mense is Donderdag in hegtenis geneem nadat betogers sedert vroeg vanoggend onrus in die Kaap veroorsaak.

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, monitor die Wes-Kaapse polisie se eenheid vir openbare orde steeds die Lwandle-gebied in die Strand nadat meer as 100 betogers ondernemings in dié buurt geplunder en buitebande in die strate aan die brand gesteek het.

Nie ver daarvandaan het betogers ook chaos in die Khayelitsha- informele nedersetting veroorsaak deur buitebande ook daar aan die brand te steek. Niemand is nog in dié gebied in hegtenis geneem nie, het Rwexana gesê.

Sy verduidelik dat betogers ongelukkig is oor ʼn gebrek aan dienslewering in hul betrokke gemeenskappe.

Dié paaie gesluit

Volgens Kenny Africa, woordvoerder van die Wes-Kaapse verkeersdepartement, word sekere paaie in die Strand tans met brandende buitebande versper. “Die situasie is baie gespanne,” sê hy.

Rwexana het gesê dat strate in Khayelitsha soos Mew-, Spine- en JK Masemolaweg gesluit is.

Verder is die N2-snelweg sedert vanoggend tot verdere kennisgewing by die Broadway- en Van der Stel-afritte in albei rigtings gesluit weens brandende buitebande.

Africa het ʼn beroep op motoriste gedoen om van alternatiewe roetes gebruik te maak. “Ons monitor die situasie en hoop om die paaie vandag nog oop te stel.”

MyCiti-busroete opgeskort

Die situasie in Khayelitsha. (Foto: Twitter)

Die MyCiti-busdiens op die N2-roete tussen Khayelitsha en die Kaapstadse burgersentrum is ook vanoggend weens die onluste tot verdere kennisgewing opgeskort.

Felicity Purchase, burgemeesterskomiteelid vir vervoer en stedelike ontwikkeling, het gesê MyCiti het dié roete gestaak om die veiligheid van pendelaars, MyCiTi-personeel en die busdiens se bates te verseker.

Busdienste tussen Mitchells Plain en die Kaapstadse Burgersentrum gaan egter normaalweg voort.

MyCiti sal pendelaars in kennis stel wanneer sy busdienste weer tot die normale terugkeer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Thinus ·

Hoekom al die skielike betogings in meestal DA beheerde stadsrade. Dis die ANC se agterbakse manier om die plek onregeerbaar te maak want hulle weet hulle is besig om steun te verloor. Hulle vuil en gemene spel moet oopgevlek word en hulle sommer van die kieserslys verwyder word. Hulle het anyway geen idee hoe om te regeer nie, so daai kriminele sal nie gemis word nie.

Vincent ·

SA het in anargie verval, want dit word aangemoedig deur die regerende party. As die opposisie ook meer ruggraat gehad het (en minder op opportuisme staatgemaak het) sal eersgenoemde al lankal in die bek geruk gewees het.

Gert van Wierdapark ·

On-te-Vrede, dan word amok gemaak en gebrand en geplunder. Die plunder is mooi “afgekyk” by die staatskapers en ander Kaartmannetjies in die a en see se speelpak. Ek ” Ys” behoorlik as ek aan daai nuwe boek wat daaroor handel, dink. Gebrek aan dienslewering is dikwels die oorsaak van sulke optredes, maar veral in a en see beheerde munisipaliteite. Enige iets gaan gebruik word in die aanloop tot die Ver-Kiesing om aandag te trek, maar in die proses kan dit ‘n nasionale tydverdryf word wat moeilik ontlont gaan word. Ferm optrede is dus nodig deur Wets-toe-passers. Naskrif -darem jammer dat betogers nie bietjie meer sitplek-seermakend gestraf kan word nie = geen mors van tyd in howe ens. WIE nie Hoor Nie, moet mos VOEL!!!

Moeg ·

Thinus, dit is nie net die ANC nie , maar hul kleinboet die EFF ook. Hulle ry mense van ander provinsies in om ons Wes-Kaap onreggeerbaar te maak. Hulle speel altyd vuil en dink ander mense het hulle IQ….Pleks hul hou hul molesmakers in hul eie provinsies en kyk liewers na hulle en hulle moet sommer saamtrek..

erika ·

Wens die mense wat soo die Wes-kaap onreggeerbaar wil maak net na hul eie provinsie wil gaan. Gaan soek daar huise, gaan soek daar werk en gaan maak moles by jou ma se huis..

fred ·

ondernemings geplunder….ja hulle dag was weer suksesvol….A parodie op die franse filosoof Descartes:”I am what I am,therefor I loot” I rest my case

Hanna Hoekom ·

En die polisie “monitor” weereens die situasie… Daar is basies niemand om die wetsgehoorsame burger te beskerm nie! Waar is n skerpskutter as mens een nodig het? Skiet net eenkeer. Glo my, hulle sal twee keer dink voor hulle weer op n plundertog gaan.

John ·

… dit word al duideliker dat ons nie ‘n verkiesing gaan hè nie, want ‘n noodtoestand wil afgedwing word.

Tante ·

Dis duidelik waar John Noodtoestand is ANC se plan niks anders want hul gaan nie volstrekte meerderheid stemme kry nie en al manier om nog tebregeerben te onderdruk in groot ellende sal die land wees. Ek sien ook nie 8 Mei sal stemdag wees nie voor die tyd sal daar n noodtoestand aangekondig word. Kinders van God bid en volhard in gebedet smeekbede dat daar n ingryping van ons Hemelse Vader sal wees satan is magtig Maar God Is Almagtig

Tsunami ·

Eskom gaan beurtkrag ook vanaand toepas. dan kan die partytjie dalk handuit ruk! Tref maar voorsorg….

jaco ·

weet hierdie kiesers dat volgende maand se verkiesing nie n plaaslike raadsverkiesing is nie? So al betoog hulle ook nou hoe kwaai, gaan die DA steeds in beheer wees van Stad Kaapstad na die komende verkiesing. hulle betoog einlik 2 jaar te laat of 3 jaar te vroeg teen swak dienslewering.
terloops, ek sien in Kroonstad word oor dieselfde goed betoog, maar die ANC is in beheer daar. nou wonder ek maar net: betoog die ANC daar teen die ANC?

George in Bloem ·

Moenie worry nie. Als is ok. Die polisie monitor mos die situasie? Rerig? Monitor? Hahahahahaha! Hierdie land is in sy m@er in. Hy sal NOOIT weer wees wat hy eens was nie. Van omdraai is daar GEEN sprake nie. Dit sal net verder agteruitgaan met hierdie spul korrupte ANC narre in beheer.

gert ·

Al die skielike betogings in DA beheerde areas is vir seker begin deur die ANC direk van Ramaparra af

Leon ·

Die proses vir ń onafhanklike Kaapse Republiek kan op 8 Mei begin, dit is te sê as die kiesers nie vir skoon strate stem nie maar eerder vir goeie beleid en visie vir die toekoms!

Schalk ·

Vandat swart massas kaap toe gery is,is dit n gemors hulle kom plak en dring aan op huise en krag en riool.Soos Soweto wat nog nooit krag by opgeskort is en 17 miljard aan Eskom skuld wil hul in Kaap kom mors.As jy nie jouself kan gedra nie voertsek terug na waar jy vandaan kom.

Marietjie Blignaut ·

DA kan nie optree teen al die geweld nie…..as DA hardhandig raak gaan hy stemme inboet. Geen party kan gelyk op 2 stoele probeer sit nie…. Minderhede soek Selfbeskikking!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.