Kaapse brandbestryders met klippe bestook

Verskeie brandweervoertuie is beskadig. (Foto: Verskaf)

Brandbestryders en die spesialisvoertuie wat hulle gebruik, is die afgelope naweek tydens drie afsonderlike voorvalle in Kaapstad met klippe bestook terwyl hulle op noodgevalle in die stad gereageer het.

JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, het Maandag gesê al drie die aanvalle het binne 24 uur, net etlike kilometer van mekaar af, plaasgevind.

Geen brandbestryders is beseer nie, maar verskeie brandweervoertuie is beskadig. Dit is egter onduidelik presies wat die rede vir die vlaag aanvalle is.

Volgens Smith het die eerste voorval Saterdag net voor 09:00 by ʼn ongelukstoneel in Gugulethu gebeur.

“Die brandbestryders het op ʼn motorongeluk op Oliver Tambo-laan in Manenberg gereageer toe omstanders skielik gewelddadig geword het. Hulle het die brandweerwa met klippe bestook en die voertuig se voorruit en passasiersvenster beskadig,” sê hy.

Die tweede aanval het Saterdag om 23:00 naby die Gugulethu-brandweerstasie plaasgevind. In hierdie voorval is die brandweervoertuig se voorruit en passasiersvenster ook deur klippe beskadig.

Net meer as ʼn uur later, om 00:41, is brandbestryders na ʼn toneel in Isikhova-straat in Mfuleni ontbied waar ʼn aantal laekostehuise glo aan die brand geslaan het. Kort ná hul aankoms het mense, glo inwoners, die reddingswerkers met klippe begin bestook.

Brandbestryders van Kaapstad het verlede jaar onder soortgelyke aanvalle deurgeloop en hul voertuie is ook verskeie kere met klippe bestook.

“Ná ʼn tydperk van betreklike rustigheid, blyk dit nou dat brandbestryders weer die teiken van sinnelose en gevaarlike aanvalle is. Dié aanvalle word dikwels geloods deur die einste mense wat die brandbestryders moet help,” sê Smith.

Hy het mense gemaan dat aanvalle soos dié dodelike gevolge kan inhou, aangesien noodpersoneel dan eers vir begeleiding van die polisie moet wag voordat hulle mense kan begin help.

“Indien die aanvalle voortgesit word, sal beskermingsdienste die brandbestryders moet vergesel wat reaksietye sal vertraag en die lewens en eiendom van inwoners onnodig in gevaar stel.”

Niemand is nog in verband met die aanvalle in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kokerboom ·

Absolute skande. Belastingbetaler dok op vir boewery. Voorstel: Laat gemeenskapslede veiligheid van personeel en voertuie verseker VOOR enige optrede in informele gebiede plaasvind

Pierre ·

Nee, los hulle uit. Laat hulle self maar water aanry in kruiwaens. As jy nie wil hoor nie – moet jy voel.

casper ·

Geen gevolge nie – Niemand aan gekeer nie — Totale kriminaliteit heers !!!!

miavos ·

Dis noodsaaklik dat die publiek ingelig word oor die redes vir hierdie op die oog af onsinnige aanvalle.

Pieter ·

Dit is duidelik dat sekere elemente nie wil hê dat die brande geblus word nie. Hoekom dan die nooddiens personeel se lewens in gevaar stel deur te reageer op oproepe ina dié gebiede?

Jackie ·

Die pille wat ‘stupidgeid’ verander in intelligensie lê op Mars begrawe.

Irma ·

Weet jy Dries, ek dink nie so nie, ek dink die inwoners van ander lande is meer beskaafd en het respek vir die diens wat hulle nooddienswerkers moet verrig.

H.A. ·

Eindelik vra ‘our people’ maar net rewolusie in die land.

Danie ·

Dit gaan my verstand te bowe dat die reddingsvoertuie steeds uitgaan na die plekke toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.