Kaapse brande: Lugmag ingespan, brande dalk opsetlik

'n Lugfoto van die Stilbaai-brand. Foto: Working on Fire

‘n Lugfoto van die Stilbaai-brand Foto: Working on Fire

Die Suid-Afrikaanse Lugmag word ingespan om brandbestryders, wat tot die uiterste gerek is om minstens 19 veldbrande oor die Wes-Kaap heen te bestry, by te staan.

Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die brand in die Paarl-omgewing is buite beheer en word deur sterk winde aangeblaas. Hy het gesê een groot struktuur is Dinsdagoggend verwoes en eiendomme in die omgewing was in gevaar.

Volgens Bredell het die lugmag bykomende hulpbronne ontplooi om die brande te help bestry.

“Ons is baie dankbaar vir die lugmag en minister van verdediging vir hul hulp. Die lugmag se Oryx-helikopters is groter en kan meer water vervoer as die noodhelikopters wat ons gewoonlik gebruik,” het Bredell gesê.

Die lugmag word reeds ingespan om te help met brandbestrydingpogings in die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit.

Colin Deiner, hoof van die provinsie se rampbestuursentrum, het Woensdag gesê brandbestrydingspogings het deur die aand oor die provinsie heen voortgeduur. Die prioriteitsgebied is steeds die Paarl-omgewing.

“Daar is 200 brandbestryders op die grond en vier helikopters wat water gooi. Die brand beweeg tans in die rigting van Wellington aan die een kant en na Bainskloof aan die ander kant,” het Deiner gesê.

“Die ander groot brande wat steeds woed, is in die Grootwintershoek-bergreeks naby Tulbagh en in die Stilbaai-omgewing.”

ʼn Stemboodskap doen sedert Dinsdag op WhatsApp die ronde van ʼn vrou in die Wellington-omgewing wat noem dat sy sien hoe mense doelbewus brande stig. Maroela Media het navraag gedoen en vasgestel dit is moontlik brandbestryders wat besig is om voorbrand te maak.

Gerugte doen ook die ronde dat ʼn man in die Paarl-omgewing weens brandstigting in hegtenis geneem is. Lt.kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het egter Woensdag aan Maroela Media bevestig niemand is nog in verband met die Paarl-brande in hegtenis geneem nie.

Intussen het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit by die Kaapstadse munisipaliteit, gesê brandbestryders monitor steeds gevaarpunte ná die jongste brand wat Maandagaand aan die hang van Duiwelspiek bo Vredehoek uitgebreek het.

“ʼn Aantal inwoners het vrywillig hul huise ontruim, terwyl die brand deur stormsterk winde aangeblaas is. Alhoewel die presiese omvang van die skade nog bepaal moet word, word skade in die omgewing van R4,5 miljoen geraam vir vier strukture wat verwoes is,” het Smith gesê.

Hy het gesê die Vredehoek-brand het kort op die hakke van die brand op Vlaeberg (Seinheuwel) gevolg, skaars ʼn paar dae ná yslike brande in Simonstad en die Helderberg-omgewing.

“Die vlaag brande is werklik verdag en ons het spanne aangewys om die oorsaak van die brande behoorlik te ondersoek. Somermaande is erg genoeg soos dit is met die warm droë weerstoestande en sterk winde. Dit is in besonder ʼn stresvolle seisoen vir brandbestryders.”

Hy het ʼn beroep op die publiek gedoen om uiters versigtig te wees met oop vlamme, aangesien die heersende weerstoestande die risiko van brande verhoog.

“Die publiek moet ook brande aanmeld so gou as wat dit opgemerk word. Mense wat verdagte aktiwiteite opmerk, moet dit so gou moontlik aanmeld, aangesien ons nie die moontlikheid kan uitskakel dat van die brande doelbewus gestig is nie.”

Volgens Smith het die stad se brandweer tussen 1 November verlede jaar en 12 Januarie vanjaar op 5 465 brande reageer – ʼn gemiddeld van 75 brande per dag. Hiervan is sowat 80% as bos-, gras- of rommelbrande geklassifiseer.

Die rampbestuursentrum het Woensdag ʼn waarskuwing uitgereik vir ernstige brandgevaartoestande vir die dag, aangesien uiters warm, droë en winderige toestande oor die provinsie heen verwag word.

Brande kan by die volgende nommers aangemeld word:

  • Kaapstad – 107 (vanaf ʼn selfoon) of 021 480 7700 (vanaf ʼn landlyn)
  • Overberg – 028 425 1690
  • Weskus – 022 433 8700
  • Eden – 044 805 5071
  • Sentraal-Karoo – 023 414 2603
  • Kaapse Wynlande – 021 887 4446
Die brandgevaarwaarskuwing vir Woensdag.

Die brandgevaarwaarskuwing vir Woensdag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Theresa B ·

Dit is elke jaar se storie. En as dit ondersoek word, word daar agtergekom dat die brande opsetlik begin is. Dis so siek. Die mense besef nie wat hulle doen nie. Wens net almal se oë wil oopgaan, veral die brandstigters.

Chris ·

As n mens kyk en luister na die verskillende burger groepe staan die boere en kyk hoe die ouens huidiglik besig is om hulle velde aan die brand te steek in Paarl en Wellington.

Ida Jordaan ·

Ek dink aan elke diertjie wat nie betyds kan wegkom nie en kry hierdie wrange haat vir die monsters wat die veld met opset aan die brand steek. Dan wens ek wanneer die vervloekings dit doen die wind moet draai en hulle vaskeer in die vlamme sodat hulle kan doodbrand. Daar is elke jaar soveel miljoene rande se skade en hoekom????? My vriende woon in Vredehoek en hulle moet elke jaar hul huis ontruim en na veiligheid vlug.

m ·

Dis verseker met opset gestig. Iewers sit een n baie siek mens en verlustig hom aan al hierdie chaos.

Rasper ·

DAAR IS GLAD NIE ‘DALK OPSETLIK NIE’ DIT IS BESLIS OPSETLIK. DIE GROEN GEEL EN SWART KLERE EN DIE ROOI KLERE IS DAARVOOR VERANTWOORDELIK. LE DIT VOOR HULLE DEUR.

Winston ·

En daar word die hasie uit die hoed gepluk: MOONTLIK PERSONE WAT VOORBRANDE MAAK. Voorbrande word onder beheer gedoen met genoeg mense en brandbeheer toerusting. Was dit sigbaar? Indien nie, was dit eenvoudig brandstigting!

Alwyn ·

Definitief brandstigting.Derde persoon vandag gesien hoe mense brand stig.

Hannetjie ·

Het jy derde persoon gesien stig? ??Ek hoop jy kon keer. ..dit Is verskriklik hoe als gebrand word

Mauzi ·

Dis vreeslik,my vraag..kan n brandende sigaret wat uit n motor geskiet word n brand laat ontstaan?

charmain ·

Natuurlik kan n brandende sigaret iets aan die brand laat steek want ons plekke is so droog enige vonkie op daai droe gras met wind ja kan brand

giep ·

Natuurlik word die brande gestig. Dit skep werk as ‘n brandslaner en jy kry verniet kos. Dan kry jy nog die lot wat die boere op so ‘n manier probeer plattrek. Geen mentaliteit nie. Wonder wat hulle gaan afbrand wanneer daar niks meer is om te brand nie.

Carlia ·

Onthou, die ANC wil die Wes Kaap onregeerbaar maak en die die EFF ook. DIT IS BRANDSTIGTING, niks anders nie. Dit is verskriklik. Nie net die skade nie, maar die trauma, die verliese, hetsy dier of mens, die reuk, sommer die hele spul is afgryslik. Net soos die regering. Mens moet daai lot vang en hul betaal om Nkandla te gaan brand sodat Nr1 kan voel hoe voel dit.

bessie ·

Hierdie brandstigters se privaat dele moet begin jeuk en hulle vingers moet aan vishoeke verander…..

Rina ·

Ons kan maar net bid dat hierdie boosdoeners vasgevang en swaar strawwe opgele word wat in elk geval nie eers kan vergoed vir al die skade wat aangerig is nie.
Ons leef in n siek samelewing.

Jan ·

Vriende van ons het laat weet in Albertina omgewing brand dit nou ook, die brande is buite beheer.

Penellope Jones ·

Vir diegene wat belangstel, op The Citizen is ‘n berig met die opskrif “Cape farmer describes witnessing fires being lit on purpose”.

Manie ·

Dit is Brandstigting. Baie mense getuig daarvan. Wat ek nie verstaan nie is hoekom die getuies nie betrokke raak nié.
Ons .oet ter wille van oorlewing en bestaans reg, betrokke raak en Elimineer die Terroriste???

R de Bruin ·

“Moontlike voorbrand” Kom nou Maroela media. In Afrikaans het ons ‘n raak sêwoord “ek’s ‘n aap, maar ek is ‘n ou aap” Hier in Danabaai was dit ook brandstigters. Die patroon is presies dieselfde.

TDW ·

Daar het reeds ‘n hele paar mense die brandstigting aangemeld. Die staat hou dit stil, want hulle wil nie hê mense moet begin reageer daarop nie, want hulle is bang vir die geweld en chaos wat sal volg. Die media word met die lepel gevoer wat gebeur, sodat dit net nie in ‘n internasionale krisis ontaard nie. “Lees maar tussen die lyne”

Jan ·

Kom mense, ons moet patriote wees, waar is julle welwillendheid, waarom versprei julle gerugte wat nog nie bevestig is nie!

Johann ·

Vriende van ons sê oor die telefoon hulle kon met verkykers sien hoe vure aangesteek word, en dit is nie mense wat brandbestryding doen nie, hulle het nie oorpakke aan nie.

E ·

Johann, ek bly in kzn en het op my watsapp soortgelyke voice recording vandag gekry. Dit doen die rondte tussen watsapp vriende en kenisse. Hoekom kan daardie vrou asb nie na vore kom en met Maroela kontak nie? Sy was daar en haar man het dit gesien. Ek kon die vrees in haar stem hoor.

Johann ·

Ek lees ook elders dat brandbestryders vertel hulle het uit die lug gesien hoe kinders die vure aan steek.

Annamarie ·

Jakobus 5: 16 “Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag.” Die Here hoor gebed…. as ons verhouding reg is met Hom. Kom ons vra Hom waarvan ons ons met berou moet bekeer sodat ons lewens Hom mag eer, en vra dan dat Hy ingryp–nie net in die brande nie, maar in die lewe van die nasie as ‘n geheel.

Ansie ·

Dit verbaas my dat ons hier in Europa, (NL) niks hoor of lees van die brande in die Wes Kaap nie, ek ontvang ook stemboodskappe op my celfoon van die mense wat sien hoe die brande aangesteek word, onbegryplik dat dit so stil gehou word, terwyl omtrent die hele Wes Kaap afbrand, wat gaan aan in ons mooi land, wat kan ons doen om die ty te keer.? Wat moet nog gebeur voor daar aksie kom, en Europa is ook vas aan die slaap,ondanks pogings van ons wat hier bly om mense hier wakker te kry. Baie hartseer en uiters frustrerend.

Riaan ·

Is daar n manier wat ek my eie hulp kan aanbied vir die mense in die Kaap? Ek het fire fighting level 3 en ek het hazmat.
My sell nr is 083 624 5834
Dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.