Kaapse damvlakke daal ondanks reënval

Die Theewaterskloofdam. Foto: Ayanda Ndamane/ANA

Watervlakke in die droogtegeteisterde Kaapstad-gebied het geval tot 21,9%, het die stad se adjunkburgemeester Woensdag gesê.

Ian Nielson het gesê damvlakke het verlede week met 0,3% geval, ʼn kleiner daling as in die vorige weke nadat die stad verlede week op twee dae reën gekry het.

“Dié daling, wat minder is as vorige weke, is ʼn welkome bevestiging van die impak van Kapenaars se pogings om water te bespaar, asook ʼn klein bydrae van die reën wat ons ontvang het,” het Nielson gesê.

“Damvlakke is egter steeds laer as wat hulle op dieselfde tyd in vorige jare was en ons moet voortgaan met ons pogings om seker te maak dat ons veilig deur hierdie jaar kom.”

y het gesê die stad se gesamentlike waterverbruik het afgeneem tot 521 miljoen liter water per dag, wat nóg laer is as die verbruiksvlakke in Januarie en Februarie, maar steeds te hoog om te verhoed dat die stad se water heeltemal gaan opraak. Die stad gaan tans gebuk onder die ergste droogte in meer as ʼn eeu.

“Om waterverbruik te verminder tot 50 l per persoon per dag is die enigste manier om Dag Zero te vermy,” het Nielson gewaarsku.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elria Jordaan ·

Ek wil graag weet ons in die Oos Kaap spaar so water. Nou wil ek weet hoekom moet ons meer vir water betaal. My ouma het altyd gesê ñ mens betaal nie vir iets wat jy gratis van die Liewe Vader af kry nie. Maar ons betaal net meer en meer. Hoe werk dit dan.

Gerhard ·

Die water wat op jou dak val is verniet, die water wat in die dam is kom nie verniet by jou huis uit nie. Iemand moet betaal word om dit daar te kry. Die mense wat die damme, pype en kanale instand hou moet tog betaal word. Oo en dan is daar nog die Soustrein ook onthou.

peanut ·

Hi Elria
jy betaal nie vir die water nie
jy betaal vir die Damme, instandhouding, pyplyding, water pompe, suiwering ens.. – die water daag nie net in jou kraan op as jy hom oopdraai nie daar is infrastruktuur nodig.

tamboti ·

en ons het regtig gehoop die damme loop al oor, nou wie het ons daai idee geggee?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.