
Argieffoto van die Theewaterskloofdam (Oktober 2019) (Foto: Maroela Media)
Kaapse damme het die afgelope week met 1,7% gedaal tot 62,6% van die algehele kapasiteit. Die gemiddelde waterverbruik het in dieselfde tydperk van 771 miljoen liter water per dag tot 767 miljoen liter water per dag afgeneem, het die Stad Kaapstad in ʼn verklaring gesê.
Volgens Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir water en afval, bly die damvlakke daal. Vlakke het verlede week met 1,6% tot 64, 3% gedaal.
Limberg sê die tempo waarteen damvlakke daal, word hoofsaaklik bepaal deur warm en winderige toestande.
“Aangesien die stad steeds die damvlakke probeer herstel, is vlak 1-waterbeperkings nog van krag ten einde huidige waterreserwes te bespaar,” het Limberg gesê.
Besoek www.capetown.gov.za/thinkwater vir meer inligting rakende waterbeperkings.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Met so baie water beskikbaar en die reënseisoen wat voorlê is dit hoog tyd dat die tariewe drasties verlaag word. Die partytjieseisoen is mos ook verby, of is ek verkeerd daaroor?
Die tyd van die jaar is die mooiste weer in die kaap. Min wind en min reen. dit is normaal dat die dam vlakke daal. Die reen seisoen kom nog vir die kaap.