Kaapse egpaar, werknemer vas oor ‘korrupsie’

Argieffoto

ʼn Bekende Kaapse immigrasieprokureur, sy vrou en ʼn werknemer het Dinsdag in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie, geldwassery, rampokkery en bedrog.

Craig Smith (49) is vroeër vandeesweek saam met sy vrou, Cornelia Alexa Smith (49), en ʼn werknemer Shafieka Salie (51) in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Philani Nkwalase, Valke-woordvoerder, word dié drie daarvan beskuldig dat hulle tussen Oktober 2011 en Julie 2014 ʼn korrupte onderneming in Smith se regspraktyk, Craig Smith and Associates (CSA), bedryf het.

Volgens die staat het dié onderneming hoofsaaklik buitelandse burgers gehelp om tydelike of permanente burgerskap in Suid-Afrika deur die departement van binnelandse sake te bekom. Daar word beweer dat personeel aansoeke voorberei het deur middel van vervalste dokumentasie en inligting wat aansoekers gehelp het om die nodige dokumentasie en indiensneming vir ʼn Suid-Afrikaanse burgerskap te verkry, sê Nkwalase.

ʼn Ondersoek na die prokureur se beweerde wandade is drie jaar gelede deur die Valke van stapel gestuur.

Volgens Nkwalase het al drie gister in die hof verskyn waarna Cornelia op borgtog van R1 miljoen en Salie op borgtog van R100 000 vrygelaat is.

Craig bly in aanhouding en sal na verwagting Vrydag om borgtog aansoek doen.

Sy medebeskuldigdes sal weer op 24 Mei in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Koos de Meyer. ·

1 miljoen borg vir bedrog, maar taxi bestuurder kry R3ooo borg vir 3 meisies se dood. Hoe werk ons reg stelsel. Pateties verby.

Abe ·

Koos de Meyer,
Borgtogbedrae word deur verskeie faktore beinvloed, waaronder finansiele vermoee, inkomste, ens. Soms is ingewikkelde formules betrokke wat nie vir die leek altyd voor die hand lyk nie.

Weier om geld te betaal vir eggenootsvisa ·

Die kompetisie is net uit die weg geruim dmv die valke.

Ian ·

Ons hele land en regstelsel is 1 groot grap. En die ergste is die wereld hou ons dop. Kyk wat gebeur nou met reuse Tongaat Hulett en Aspen.

jaco ·

weet nie waarom so n besigheid hoegenaamd nodig is nie. buitelanders stap eenvoudig oor die grens en bly en bly en bly dan maar net. owerhede is nie gepla daaroor nie. So dokumentasie is eintlik onnodig

Cherokee ·

Een miljoen rand vir sowat 10 weke, wys net waar gaan pryse heen.

Andrea ·

Kan nie glo hyt besigheid gedoen nie. Wie wil na SA immigreer, en dit nogal wettig?

Cherokee ·

Onthou jy die spreekwoord van ons kinderjare (wat besig is om uit die volksmond te verdwyn) ‘n halwe eier is beter as ‘n leë dop? Twee dae gelede het ek aan ‘n vrou uit die Kongo gevra waarom Suid Afrika? Toe verwys sy my na die vlugtelingstatus op haar verblyfpermit. Vir vele in Afrika is die republiek steeds beter as ‘n leë dop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.