[Foto’s] Kaapse herehuis vir rekordbedrag verkoop

Die herehuis wat in Kaapstad verkoop is (Foto: www.saota.com)

Die herehuis wat in Kaapstad verkoop is (Foto: www.saota.com)

ʼn Duitse advertensiebaas het vandeesweek die duurste huis nóg in Kaapstad vir ʼn rekordbedrag van £14,5 miljoen (bykans R278 miljoen) gekoop. ʼn Luukse Porsche Carrera en ʼn Aston Martin DB9 was ook deel van dié ooreenkoms.

Dirk Ströer en sy vrou, Tina, het glo halsoorkop verlief geraak op dié huis in Bantrybaai tydens hul besoek aan vriende in Kaapstad.

Ströer besit een van Duitsland se grootste digitale en publieke advertensiemaatskappye.

Die praghuis het sewe slaapkamers, nege badkamers, agt motorhuise, ʼn ‘infinity’-swembad en ʼn 360˚ uitsig van Kaapstad, onder meer Tafelberg, Leeukop en die see.

Adrien Freinstein, die agent, het gesê die egpaar het nie beplan om só ʼn luukse huis te koop nie en wou glo eerder in Ibiza of Saint Tropez eiendom koop, maar was ‘heeltemal verlief op die huis’.

Die huis is gebou deur SAOTA argitekte en het drie jaar geneem om te voltooi. Die onderneming het ook al twee toekennings vir die huis ingepalm.

Die egpaar gaan die woning as vakansiehuis gebruik.

Bron: Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ekwilibrium ·

Oulike plekkie. Effe ‘klinies’ vir my, maar nou ja…

Ruby ·

Sjoe, die eiensdom agent slaan seker nog steeds bollemakiesie!

Eliza-beth ·

Ja-nee die baie wit doen dit ook nou nie vir my nie. Daar moet êrens altyd ‘n rooi muur wees en lekker bont kelims en honde en plante en boeke en ‘n kat of twee in ‘n sonkol. Glo my in daai kombuis is seker nog nooit eers ‘n eier gekook nie!

brenda ·

Absoluut verruklik!! asemrowend! hoe gelukkig kan mens wees?? geluk aan die verkoopsagent!! well done!!

Jef ·

Geld is mag maar maak mag ook gelukkig, ek het nie geld nie dus ook nie mag nie maar wel gelukkig.
Maak geld gelukkig, nie altyd nie maar n bietjie meer salaris is tog altyd welkom.

WitBlits ·

Voorwaar indrukwekkende wat geld kan koop en wat ligging aan ‘n eeindom doen.
Arme Zumpi se R247miljoen was ‘n “raw deal” en die garages moes ten minste ‘n paar luukse karre ingesluit het of ‘n teel stoet vir die kraal!

KarooKlong ·

Ek sien nou eers ek het my vellies onder die kroegtoonbank vergeet. Aitog….

Scalla ·

Karooklong, smaak my hulle het toe nie ons aanbod aanvaar van R277 miljoen toe ons die aand saam met hulle gekuier het om die kroeg nie, ons moet maar na iets groter en beter gaan kyk.

Louis C Prinsloo ·

Kyk op baie plekke is daar mooi huise, maar in Thabazimbi is hier waarde; nou nie dadelik in miljoene se waardes nie. Maar die huise hier het potensiaal wat mens in tyd en met geduld kan omskep in ‘n meesterstuk. Ek beplan so met my huis, om dit te verbeter en te omskep in die perfekte vakansie huis.
‘n Huis wat ek kan verkoop sodra huise se waardes optel of wat ek kan agter laat vir my nageslagte, Thabazimbi het potensiaal wanneer mens nie daarna jaag nie, maar ope verstand het om geduldig ryk te word soos jare verloop.

alida ·

Baie mooi, maar hoe leef mens in so’n huis wat so klinies is?

koos1 ·

Nie eers geweet die plekkie is in die mark nie, wou ‘n aanbod maak!

Lorraine ·

Ek dink ek moet aanbied om die huis op te pas terwyl hulle nie hier is nie. Dit gaan ‘n straf wees om hier te bly, maar ek is bereid om die opaffering te maak!! Ha-ha.

Elsie ·

Met SA se misdaadsyfer sou ek beslis nie my miljoene hier kom bestee het nie! Gee hulle maar kans en kyk of hulle veilige vakansies elke keer kom hou. Hoop die huis staan nog as hulle weer kom!!!

Hasie ·

As zimpie nou hierie huis kon koop. R278 000 000, en hy moes net so ongeveer R8 000 000 uit sy eie sak inbetaal. Dan is daar ook kans vir nog vroue, want daar is sewe slaapkamers. Kan een mens nou so dom wees en so ‘n kans deur jou vingers laat glip.

Louis C Prinsloo ·

Hier in Thabazimbi is ook potensiaal in huise, nog nie so volop dat huise bo die 2mil. skep nie.
Maar wel plase en plotte hier en daar vir byna 2mil.
Punt is dat hier potensiaal is, buiten misdade wat land volop en in elke streek voor kom.
Net genoeg veiligheid en ‘n mens sal lekker kan leef, selfs op ou dag. Stilte en vrede, altyd ‘n bekostigbare winkel vir die wat tyd maak om rond te kyk na pryse. Dalk nie altyd goedkoop nie maar altyd potensiaal om verkope te doen. Net met geduld en tyd kan enige een ryk word en lekker lewe. Ek hoop die duitse paartjie geniet hulle verblyf in SA en dat sommer ‘n groot tal duitsers SA toe gaan trek, mense die duitsers wat dalk nie soveel nonsens soos ons in SA al gewoond is nie; maar kan ook selfs die verlossing wees. Respekteer mekaar en straal God se Gees van liefde oor ander uit, mede mens of buitelander. Bid altyd en wees dankbaar die buitelanders van daardie luukse werelde stel nog in SA belang, want hulle kan verandering aanhelp en kontakte hê wat regerings gou kan vas vat

TVR ·

Love it! Ek sal so n huis geniet al wat dit skort is my persoonlikheid!!!???? geniet die nuwe woning en motors!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.