Kaapse hoërskool ontruim oor brand

Foto: Helen Zille/Twitter

Foto: Helen Zille/Twitter

ʼn Hoërskool in Rondebosch, Kaapstad, is ontruim nadat ’n gebou naby die skool aan die brand geslaan het.

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het op Twitter bevestig die Great Westerford-gebou het aan die brand geslaan en die Hoërskool Westerford is derhalwe ontruim.

Ian Schnetler, Kaapse brandweerhoof, wou slegs bevestig dat ʼn dubbelverdiepinggebou aan die brand is. “In dié stadium is daar geen berigte van beserings nie. Brandbestryders is op die toneel.”

eNCA het berig dat die brand by die Great Westerford-gebou omstreeks 08:45 op die dak begin het. JP Smith, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê die brand hou nie verband met die reusebrand wat oor die naweek in Muizenberg uitgebreek het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bruno Stefbb ·

Is dit nie per toeval nie hoe kan die skool dan net spontaan aan die brand slaan,Ek wil dit nie propageer nie maar is dit nie moedswillige brandstigting wat ook aanleiding gegee het tot die ander weghol brande ook nie.Dit laat n mens wonder of daar nie meer agter alles is as wat oor gerapporteer word in die media nie.

Elfie ·

ROKERS! Gooi hul stompies mos net uit. Wat gee hulle om? Sien gereeld hie rlangs die paaie hoe brande onstaan reg langs diepad, m.a.w. stompies wat uitgegooi word hoe tog anders?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.