Kaapse hoofweg heropen na betoging

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die R300 en N2 in Kaapstad is Saterdagmiddag vir verkeer heropen na ʼn betoging, het die Wes-Kaapse verkeersdepartement gesê.

“Ons weet nie waar die mense [betogers] vandaan gekom het nie, miskien is hulle van Khayelitsha,” het Kenny Africa, woordvoerder van die departement, gesê. “Dit was glo ʼn diensleweringsbetoging maar ons het geen inligting van hulle ontvang nie.

Volgens Africa is die hoofweg om 12:40 weer heropen. Betogers het vroeër verbygaande motors met klippe bestook. Volgens Africa is die groep van sowat 300 betogers en die klippe uit die pad verwyder. Die polisie en verkeersowerhede monitor die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pierre Celliers ·

“Hoofweg heropen na betoging”. Waarom neem die polisie nie stappe om die onwettige betreding en beskadiging van ‘n hoofweg te keer nie? Waarom moet motoriste ver ompaaie ry terwyl betogers onwettig vergader en brande stig op die hoofweg?! Iets is nie lekker met die toepassing van wette nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.