Kaapse kobra pik man in tuin

Argieffoto: Jon Richfield (Own work, CC BY-SA 3.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=28971186)

Argieffoto: Jon Richfield (Own work, CC BY-SA 3.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=28971186)

ʼn Kaapstadse man is Saterdag na ʼn hospitaal gehaas nadat hy deur ʼn Kaapse kobra in sy tuin in Goodwood gepik is.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man was besig om in die tuin te werk toe die slang hom gepik het. Paramedici is ontbied en het die man op die toneel behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

Volgens Mathe was die man in ʼn stabiele toestand toe hy na die hospitaal geneem is.

Johan Marais, ʼn slangkenner, het gesê die Kaapse kobra is ʼn uiters gevaarlike slang wat sy man sal staan indien hy gekonfronteer word. Volgens Marais kan ʼn pik van hierdie slang dikwels noodlottig wees aangesien slagoffers versmoor weens hul longe wat platval. Hy sê die slang het ʼn uiters neurotoksiese gif, giftiger as enige ander Afrika-kobra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Kobus ·

Hierts jou adder…hoop jy nie vankant gemaak…jy al mooi uit gegroei…Sterkte vir die slagoffer…daar word nie met n Kobra landssake bespreek…hy gaan jou na die anderkant van die lewe stuur

Mariné Lourens ·

Dagsê Ilze

Dankie vir jou kommentaar. Let asseblief daarop dat volgens Skryf Afrikaans van A tot Z is die korrekte taalgebruik om te sê ʼn slang pik, maar die plek waar ʼn slang gepik het, is ʼn slangbyt.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Uiltjie ·

En hier dink Ek die Kaapenaars kom goed oor die weg met mekaar!!!!

Lag Net ·

Wanneer ‘n slang my pik, het hy niks aan my gedoen nie, dit is wanneer hy byt wat die probleme begin. ‘n Mens se longe val nie plat as gevolg van die neurotoksiese gif nie, jou diafragma word verlam en jy hou dan op om asem te haal met die onvermydelike dood wat volg indien jy nie hulp kry nie.

jaco ·

Ek hoop dié man het n mediese fonds, want n staatshospitaal se regstellende aksie aangestelde personeel gaan hom eers 2 uur laat wag, hom dan verkeerd diagnoseer, hom dan vir n uur en n half los want hulle is “op lunch”, en more, as hy nog leef, die verkeerde medisyne gee. Tussendeur werk hulle met vuil hande aan sy wonde en steel sy selfoon.

Esmay ·

Haha ek nou so lekker vir jou komentaar gelag want dit is so die waarheid Jaco. Mooi gesè

marianna ·

Het al een van hulle in die huis gehad maar die slangvanger het hom kom haal en terug geneem natuur toe. Ons maak hulle nie dood nie.

Ilze ·

Dankie julle vir die inligting nou weet ek ook ☺altyd net gedink hulle byt

Magda ·

Daar is n slang in die gras… Hie het hy daar gekom?. Goodwood is n woon beboude plek. Hy moes uit n hok uit gekom het.
Sterkte aan die slag offer.

Martin ·

Het ek dit verkeerd of is Kobra gif, Kobra gif? Een is nie sterker as die ander nie?

Pieter ·

Martin, verkillende spesies het verskillende toksisiteit. Mosambiekse spoegkobra se gif is minder toksies as kaapse kobras, en so verskil “Snouted” kobras van “Forest” kobras ens. Die King Cobra is die gevaarlikste maar kom glad nie hier voor nie.
Verskillende spesies kobra is ook beperk tot sekere areas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.