Die eienaar van die bekende Hank’s Olde Irish in Kaapstad wil strafregtelike klagte en siviele eise aanhangig maak teen twee mense vir die negatiewe uitwerking wat “valse beskuldigings van rassisme” op die onderneming en sy goeie naam gehad het.
Johnny Papadakis, eienaar van Hank’s, sê die stappe word oorweeg nadat die polisie se ondersoek na die voorval afgehandel is sonder dat enige verdere stappe teen die onderneming gedoen gaan word. Daar is ná die voorval aanklagte van aanranding teen van die kroeg se personeel aanhangig gemaak.
“Die bewerings van rassisme is gefabriseer deur individue wat ʼn situasie vir persoonlike gewin wou uitbuit,” voer Papadakis aan.
Die voorval in Desember verlede jaar het gelei tot dreigemente van intimidasie, geweld en die beskadiging van eiendom nadat daar beweer is dat ʼn swart man toegang tot die kroeg geweier is. ʼn Video, waarin ʼn vriend van die vermeende slagoffer die eienaar van die kroeg oor dié bewerings konfronteer, is op sosiale media gedeel en wyd versprei.
Volgens Papadakis het die ondersoek na die voorval egter aan die lig gebring dat die swart man gevra is om ʼn geldige ID te wys aangesien niemand jonger as 21 in die kroeg toegelaat word nie. Hy kon dit glo nie doen nie en is toegang geweier.
Vriende van die swart man, wat reeds in die kroeg was, het daarna glo personeel by die ingang van die kroeg gekonfronteer met die bewering van rassediskriminasie. Die swart man se ouderdom is intussen bevestig en hy is toegelaat om by sy vriende aan te sluit.
ʼn Vriend van die swart man, wat nie die aand teenwoordig was nie en ook nie die voorval gesien het nie, het egter besluit om die kroeg in die openbaar van rassisme te beskuldig, sê Papadakis. Die vriend het personeel van Hank’s die volgende dag gekonfronteer en “ondanks pogings om die feite kalm te verduidelik”, het hy fisiek aggressief geraak en is dus van die perseel verwyder.
Die vriend het ʼn video van die konfrontasie op sosiale media gedeel wat ʼn herrie veroorsaak het. Lede van die EFF het onder meer na die kroeg opgeruk en die instelling is genoop om sy deure tydelik te sluit.
Die beeldmateriaal wys volgens Papadakis egter nie hoe die vriend die konfrontasie begin nie en hulle het sedertdien bevind dat ʼn beroepsvideograaf die video gemanipuleer het om ʼn verwronge weergawe van die gebeure uit te beeld.
Volgens Papadakis het die valse beskuldiging van rassisme ʼn negatiewe finansiële uitwerking op die onderneming en sy werknemers gehad.
“Ons het gekies om te wag vir die afhandeling van die polisie-ondersoek voordat ons die beskuldigings in die openbaar hanteer, met die doel om die feite te gee en die misleidende narratief wat op sosiale media voortgesit is, reg te stel.”
Doen dit gerus. Ek onthou daardie voorval het groot mediadekking geniet en het julle in ñ baie slegte lig gestel.
Dis tyd dat ons saamstaan teen mense wat ons as rassiste uitkryt en daarmee wegkom.
Gewoonlik gebeur dit sporadies om ñ politieke punt te bewys of om emosies aan te hits.
Die regte mense skree “rasisme” en dit bring onnodige skade, finansiele verlies en ‘n target op jou rug. Ons as Suid-Afrikaners KAN saamstaan en dit beindig, MAAR daar is ‘n oukie met ‘n rooi hoed wat baie genot daaruit put om chaos te saai en verdeeltheid te bring daarmee. Ek glo “verandering in die wereld begin by jou.” Wens net soms meer mense het daai stelling verstaan.
Welkom in SA. Hier waar halwe films en vals aantygings baie swaarder weeg as die feite en waarheid.
Voeg asseblief die daad by die woord….Ons hou die spasie dop.
Dagvaar sommer die eff ook vir verlies van inkomste.
Mnr Johnny Papadakis, stamp hulle om , die mense weet nie watse skade hul doen nie !
Hank’s Olde Irish Bar, mag jul van krag tot krag gaan. Ek hoop jul kry soveel besoeke dat jul spasie te min raak. Maak klaar wat hul begin het. Ons sien uit na die uitkoms. Ons ondersteun jul 100%. Dankbaar jul het die moed en durf om teen hulle op te staan.
Dagvaar beide diegene wat betrokke was sowel as die EFF vir verlies van inkomste – want instede daarvan dat hulle seker maak van hul feite, spring hulle vinnig op hul perdjie en skree rassisme.
Ek het net gister saakreg gelees waar die hof bevind het die EFF moet opdok a.g.v. iemand wat hulle voorgedoen het as ‘n EFF-lid en gestaak het voor hierdie onderneming (‘n Spar) se deure omdat hy afgedank is.
Die hof het beslis die EFF moet die regskostes en skadevergoeding betaal. Doen dit!
Lees julle harte uit: EFF v SPAR [2023] JA129-2021 (LAC)
Hopelik nie slegs ‘n dreigement, maar dat hy dit sal uitvoer.
Great! Net een manier wat die aanhitsers gaan dink voor hulle aankla en aannames verspry as feite. Laat dit aan hul sakke voel!
Goed so! Dis tyd dat vals aanklagtes van rassisme aangespreek word.
Gaan groot ek ondersteun julle 100%
Alles vooraf beplan.
En dit gebeur TELKEMALE. Die rassisme beskuldiging staan as die waarheid, en die arme beskuldigde kan tot hy blou is in die gesig probeer verduidelik, niemand luister nie. Ek is MOEG hiervoor. So baie, baie moeg. Hulle druk en druk en druk, en gaan maar moet vat wat daaruit gebore word.
Ja as hulle ras in’n hoek is, speel hulle altyd die rasse-kaart!