Kaapse laerskool verander van plan oor Afrikaans

skool

Argieffoto

ʼn Kaapse laerskool wat besluit het om vanaf 2017 sy taalbeleid van Afrikaans-Engels-parallelmedium na Engels-enkelmediumskool te omskep, het van plan verander.

Carien Bloem, projekkoördineerder vir onderwys by AfriForum, het Maandag gesê die Laerskool Monte Vista het besluit om as parallelmedium-instelling te bly voortbestaan. Bloem het die besluit verwelkom.

“AfriForum is verlede week oorval met navrae van bekommerde ouers wie se kinders vir 2017 reeds by die Afrikaanse been van hierdie skool ingeskryf is,” het sy gesê. “Die skool het egter bevestig dat hy in 2017 wel Afrikaanse graad 1-leerlinge gaan inneem, omdat daar nie ’n nabygeleë skool is wat oor die vermoë beskik om die Afrikaanse leerders in te neem nie as Laerskool Monte Vista by sy besluit sou bly om te verengels.”

Sy het gesê hierdie voorbeeld dien as bewys van die krag van ouers wat saamstaan en ’n standpunt vir moedertaalonderrig inneem. “Dit bly ouers se reg om op gehalte- en moedertaalonderrig vir hulle kinders aan te dring,” het Bloem gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Mielie ·

Dit klink onwerklik! Om te baklei vir jou taal. Verbasend dat ander mense nie baklei vir hulle taal nie, maar vir ‘n “westerse” taal, ongelooflik! Dit laat mens dink…….

Elbri ·

Wonderlik!!! Ek glo ander skole sal hulle voorbeeld volg. Waarom moet ons Afrikaanssprekendes ons waardes laat vertrap. Ek stem saam dat Engels in Afrikaanse kinders se leerplan, na ‘n hoër standaard moet verander. Kleuterskole kan dit van die begin af, toepas. Vandag se kinders is soveel beter in hul Engelse taal, as vroeër. Soveel jongmense verlaat die land direk na skool en Engels word dan hul 1ste taal, maar hul Moedertaal sal in hul harte bly al besig hulle dit selde.

gatiep ·

Ek wens die klomp engelse wil terug gaan na hulle eie land,meskien kan hulle nog dan hulle land red sodat hulle kleinkinders nie eendag gedwing gaan word om n Arabiese taal aan te leer nie.

AH ·

Waar Afrikaans gebore is moet daar ook nou vir die voortbestaan geveg word

Theuns ·

Ek was in 2006 in Engeland. Wat my getref het was die kinders was skaars 5 jaar oud dan praat hulle vlot engels!! Die kinders is baie slim.

Cherokee ·

Jy sal verbaas wees maar in Sjina praat kindertjies van 3 jaar oud Sjinees vlot! Die Engelse het dus nie rede tot spog nie.

Cherokee ·

Afrikaanssprekendes het geen respek vir eie taal nie. Die gemiddelde (gretige) bydraer in forums kan gewoonlik nie spel nie, hou nie daarvan om gekorrigeer te word nie en doen geen moeite om taalgebruik te verbeter nie.

Piet Snot ·

Cherokee, meer reg kan jy nie wees nie.
My kop sak soms in skaamte vir my mede-Afrikaner.

vermeende ·

Verbasend hoe die grooter gros swart burgers so hard baklei vir Engels maar nie vir hulle moedertaal nie.
Die swart bevolking se redenasie vermoe is ver bo my vuurmaak plek, so hard soos ek probeer verstaan ek dit eenvoudig nie.

Takkie Takuuza ·

Hulle soek hom die taal van die Colonialist, maar hulle brand hom die Rhodes statue. Hoe deur die ……. wil jy wees?

antoinette ·

Ek dink n kind moet in vandag se lewe twee tale kan praat .Engels is baie belangrik,as ek n kind gehad het,het ek hom/haar in n Engelse skool gesit.Kyk hoe meng ons Afrikaanse mense ons taal met Engelse woorde as hulle praat.My dogter was in Afrikaans skool tot in martiek op Universiteit moes sy haar studie in Engels doen.Waar sy werk is hulle taal net Engels.My mening is jou kind moet al 2 tale kan praat en skryf.Dit tel tog net in jou kind se guns.

Ben ·

Ek praat, lees,skryf,dink en bid in Afrikaans. Ek kan dit ook doen in Engels. Ek wens ek kon dit doen in dalk een of twee ander inheemse tale. Ek verstaan die volk se bekommernis oor Afrikaans. Ek is ook bekommerd oor Afrikaans – suiwer Afrikaans ! Die Afrikaans wat vandag gepraat word is ver verwyderd van suiwer Afrikaans. ‘n Tipe van “slang” is wat dit is.

Dit is tot kinders se voordeel dat hulle vroegtydig die taal van die ekonomie, rekenaars en ingenieurswese onder die knie moet kry. Hulle moet vroegtydig aan Engels blootgestel word. Luister gerus hoe die meeste jongmense Engels praat. Daar word gehakkel en oor woorde geval. Die vraag is hoe hierdie kinders dit gaan maak in die besigheids wêreld. Hulle kan defnitief nie Afrikaans praat nie omdat hulle eenvoudig nie verstaan gaan word nie. Hoe maak ons dan nou met Afrikaans ?

En wat dan van Afrikaans ?

Ons praat Afrikaans – regte Afrikaans – by die huis, by ons vriende, by ons sport en by ons kerk. Ons praat Afrikaans met mekaar, lees Afrikaans, hou partytjie in Afrikaans en bid in Afrikaans. So sal Afrikaans bly voortbestaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.