Kaapse leerder (17) sterf in buiteland tydens skoolbesoek

skool

Argieffoto

ʼn Wes-Kaapse gesin is in rou gedompel nadat hul dogter, ʼn gr. 11-leerder, dood is tydens haar skool se besoek aan Viëtnam.

Jessica Shelver, woordvoerder van Debbie Schäfer, die LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, het dié nuus Saterdag aan Maroela Media bevestig.

Shelver het die leerder as die 17-jarige Shannen Rustin van die Westerford Hoërskool in Rondebosch geïdentifiseer. Sy was volgens berigte saam met verskeie klasmaats in Hanoi.

“Ek is baie hartseer oor die nuus van Shannen se dood,” het Schäfer aan Maroela Media gesê. “Ek wil my innige meegevoel aan haar ouers, familie en die Westerford-gemeenskap oordra.”

Volgens haar het Shannen saam met skoolmaats fietsgery toe sy inmekaargesak het – vermoedelik as gevolg van die hitte. Sy het gesê Shannen se gesin op pad na Viëtnam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.