Kaapse Mediclinic brand

Die brand by die Mediclinic Cape Gate in Kaapstad (Foto: Twitter)

Twee personeellede is behandel vir rookinaseming nadat ’n brand Maandag vroegaand by die Mediclinic Cape Gate in Kaapstad uitgebreek het.

Geen pasiënte is in die voorval beseer nie.

Tertia Kruger, woordvoerder van Mediclinic, sê ’n brand het omstreeks 19:00 buite die opleidingskamer uitgebreek waarna die nooddienste na die hospitaal ontbied en die brand geblus is.

“Om enige potensiële impak te voorkom, is vyf pasiënte vinnig van een waakeenheid na ʼn ander waakeenheid geskuif. Sommige pasiënte is tydelik na ʼn ander saal geskuif, maar is weer vanoggend na die chirurgiese afdeling geskuif.”

Jermaine Carelse, woordvoerder van Kaapstad se brand- en reddingsdiens, sê ʼn brandveiligheidsinspekteur is intussen versoek om die oorsaak van die brand te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Einstein ·

Nog ‘n gebou wat “toevallig” aan die brand raak… nee, Jannie, iets is nie pluis nie

Janine ·

Jy grap seker? Hoeveel moet nog daagliks om jou afbrand voor jy wakker skrik? Ek vra ook maar net….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.