Kaapse meer opnuut gesluit weens besoedeling

Zeekoeivlei, wat ook gesluit is weens besoedeling. (Foto: Verskaf deur NSRI)

Die Rietvleimeer in die Tafelbaai-natuurreservaat is opnuut gesluit weens hoë vlakke van E. coli in die water.

Dié meer is in Mei verlede jaar weens besoedeling gesluit en eers veel later vir ʼn kort ruk oopgestel voordat die Stad Kaapstad dit weer verlede week gesluit het.

“Die stad toets deurlopend die gehalte van die water by verskeie punte in die Rietvleimeer. Die mees onlangse toetse op 28 Desember wys onaanvaarbare vlakke van E. coli in die water, wat ʼn verhoogde risiko vir mense se gesondheid inhou,” het die stad in ʼn verklaring gesê. E. coli vorm en neem toe weens die teenwoordigheid van riool in die water.

Rietvlei, Zeekoevlei en Zandvlei is al drie tussen Mei en Junie verlede jaar gesluit weens rou riool wat in die damme in vloei. Dit hou ʼn gevaar vir menslike gesondheid in.

Watersportklubs en sakeondernemings in dié gebied kla reeds geruime tyd omdat die sluit van mere toerisme belemmer en dat hulle gevolglik groot verliese ly.

Ander waterhoudende dele van die reservaat, insluitend die Dieprivier- en Milnerton-strandmeer is ook gesluit weens onaanvaarbare hoë vlakke van E. coli.

Volgens die stad sal dié dele gesluit bly totdat die E. Coli-telling “aansienlik verbeter” het. Die stad ondersoek ook die oorsaak van die onaanvaarbare hoë vlakke van besoedeling in die water. “Ons vra om verskoning vir die ongerief wat hierdeur veroorsaak word.”

Belanghebbendes voel reeds geruime tyd dat die stad nie genoeg doen om aandag te gee aan die besoedeling van die mere nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

twaalfboor ·

Nou hoe verstaan ek nou? Al die tyd het ek gedink die ANC kan nie regeer nie. Lyk my die DA is kort op hul hakke.

Samuel ·

Hierdie nonsens moet gestop word. Die DA-geleide stad Kaapstad doen hopeloos te min om hierdie vleie skoon te hou. Ek woon dig by een van hierdie vleie, dit is só mooi, maar watersport en toerisme ly groot verliese. Wanneer mense in Kampsbaai, Constantia edm skree, spring hulle. Ons wyksraadslid is ook uiters arrogant.

Marius ·

Dit is ‘n uitstekende voorbeeld van werk wat nie gedoen word nie en ‘n groot tekort aan toesighouding en beheer.

Dirk ·

Jip.
Die DA laat dinge gebeur,
jare lank nog str@ntin die meer.

Kom nou DA. Die Stad ruik baie na ANC.

Elmarie ·

Hahaha, Marius dis eintlik CREECY maar gree(a)cy is dalk vanpas!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.