Kaapse metro stel grond beskikbaar vir dagga-aanleg

dagga-plant

Foto: Verskaf.

Die Kaapse metro het grond beskikbaar gestel vir die produksie van dagga vir mediese doeleindes.

Die metroraad het die besluit vroeër die week geneem en volgens James Vos, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling en batebestuur, was dit ʼn baanbrekersbesluit wat die grondslag sal lê om Kaapstad se potensiaal in hierdie onbenutte sektor te ontsluit.

Die grond wat vir dié projek geoormerk is, is in Atlantis aan die Weskus geleë. Volgens Vos wys die besluit op die stad se toewyding om met die private sektor saam te werk om nuwe geleenthede te ondersoek met die oog op ekonomiese groei.

“Hierdie positiewe stap deur die stad gee ons die geleentheid om die ekonomiese voordele te ontsluit met voortspruitende werkskeppingsgeleenthede wat hierdie ontluikende bedryf sal bied,” het Vos gesê.

Die oprigting van die fasiliteit sal ʼn belegging van R638 miljoen in kapitaalbesteding tydens die konstruksie van fase een tot gevolg hê. Daarbenewens sal ʼn verdere R1,5 miljard in fase twee belê word wat na verwagting oor vier jaar sal begin. Teen die einde van fase twee sal daar na verwagting  werksgeleenthede vir 250 individue geskep word.

“My portefeulje gee oorsig oor die identifisering, fasilitering en bevordering van ekonomiese geleenthede in die stad, en as sodanig verwelkom ons die belegging en die uitbreiding in onbenutte ekonomiese sektore,” het Vos gesê.

Atlantis is bekend vir sy “groen” ekonomiese geleenthede, en hierdie nuwe bedryf kan potensieel aansienlike inkomste, werksgeleenthede en vaardigheidsontwikkeling tot gevolg hê, sê Vos.

Dit is die tweede soortgelyke fasiliteit wat in Atlantis beplan word. ʼn Fasiliteit vir die verbouing en verwerking van medisinale dagga in olie en kapsules word ontwikkel op ʼn private plaas naby die nywerheidsgebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Johan ·

As daar één plek gaan wees waar diefstal op groot skaal sal plaasvind, is dit juis hierdie plek!!

Andreas ·

Ek sien al hoe informele nedersettings daar soos padastoele opslaan, almal van elders soontoe trek.

Albert ·

Wat ‘n idiotiese gedagte-gebruik eerder die geld en bou seewater ontsouting aanleg vir die volgende droogte.
Dagga rook gaan nie die water tekort laat verdwyn.
Oplossing is as elke township se aspirant boere hulle eie aanplantings
maak ,sommer in hulle agterplase,sypaadjies en oral waar daar ongbruikte grond lê en die opbrengs verkoop aan die Stadsraad.
Dit klink na ‘n manier om werkloosheid hok te slaan,almal word daggaboere met goeie inkomste, die Stadsraad kry hulle dagga sonder moeite of kapitale uitleg en is instaat om die seewater te ontsout en die water onder andere aan die.daggaboere te verkoop!

willem Botha ·

Dit is wat die DA (anc lite) doen na n verkiesing maak droog.

Andreas ·

Maybe the people of Atlantis voted for their Good, en kyk wat ‘n meevaller kry hulle.

John ·

Daar sal niks oorbly van die wynplase as dit nuwe base kry nie… medisinaal nogal…
Die DA raak nou beserk. Eers wil hulle die Kaapse gewoonte van te veel drink… om medisinale redes natuurlik…. teègaan en nou wil hulle kinky olietjies en zolletjies uitrol.
Die ooms met die lekker lokke sal seker nou blou t-hempies moet dra…

Erica ·

Enige persoon met kroniese pyn wat nie genees kan word nie, sal julle kan vertel watse verskil hierdie olies in hul lewe maak. Hierdie olies kom in kapsules, dit word nie gerook nie en sit jou nie op ‘n high nie. Daar is ook streng labotorium vereistes waaraan dit moet voldoen.

Elsa ·

Ek lees dan dat die Kaapse Vlakte gebuk gaan onder delms, moord en benders. Hoe dan nou die hel se poorte oopgooi vir dagga?

Dries du Toit ·

Een van die dae gaan ons nie meer Kaap toe om wyn te gaan proe nie maar om dagga te gaan rook

Dries du Toit ·

Dink bietjie as ons beide kan doen hoe lekker sal dit wees. Dronk gerooktes sal baie mooi in SA inpas

Haan ·

En dagga nog n paar rand in een of ander kader se sak in… ????

Sanna ·

Tans betaal mens meer as ‘n R1000 vir ‘n 10ml botteltjie dagga olie. Let wel 10 ml nie 10 liter nie. So daar is regtig baie geld om te maak.

deon scheepers ·

Ek wonder hoeveel daggaplante uit ge
pers moet word om 10ml olie te lewer

Vryheid ·

Soos ek verstaan is dagga kweek vir grootskaalse verbouing en verkoop nogsteeds onwettige of dit nou vir mediese doeleindes of rook is. As dit dan nou totaal wettig is, laat my weet ek wil ook begin boer met dagga.

Strand looper ·

Ai mense….Duidelik weet nie een van jul wat dit behels nie. Dagga bestaan uit THC en CBD. THC is die “High”gedeelte wat die rookers na soek. CBD is die wonder middel wat bykans vir ale kwaale help van pynstillers tot geneesing! Ja dit is regtig n wonderlike natuurlike middel sonder eenige chemiese middels. Pille het ALTYD nadeele en CBD geen! My vroutjie gebruik dit al baie lank in plaas van skedule 6 pynpille en dit maak die leewe vir haar leefbaar.

Basson ·

Gooi genoeg dagga in die see. Dan vang ons gerookte snoek.

aj ·

Geen water? …. GEEN PROBLEEM!

Geen krag? ….. GEEN PROBLEEM!

GEEN WERK …. GEEN PROBLEEM!

Geen probleem? … GEEN PROBLEEM!

DON’T WORRY … BE HAPPY???

Thelsa ·

Jy sal nooit nodig hê om mense yr motiverr om werktoe te kom nie. Afwesigheid sal minimaal wees. Almal sal altyd op ‘n ‘high’ wees. Droomwêreld om in te werk. Thanx Bru

Robert ·

Soos sommige mense spel hierbo ,dink ek hulle is al klaar op die blaar……

Hansie Slim ·

Jip Robert, ook so gedink!!
“… klaar op die blaar-….????????. Goed gestel!!

Net moeilik om aan die gedagte gewoont te rrraaakkk . Iesh, hoe gellyy my tong nouwwe…

Arno Scheepers ·

Ja Robert, veral daai super slim strand loooooper.

Andreas ·

Ek is alergies vir brannas en coke, dit laat my jeuk en kolla uitslaan.

Mariette Hammann ·

Asof die mense wat verslaaf is aan tik, nie genoeg is nie! Nou gaan almal daar nog dagga rook ook!

Andreas ·

Nou wat my baie bekommer is dat sekere mense onderaan die kommentare van ‘n ander artikel het juis daarop gewys dat daar ‘n groot gebied aan die Weskus is waar Afrikaners ‘n tuisland kan vestig. Ek het nogal onderaan daardie kommentaar beduie, dat is meevallers seekos, bamboes, springbok en karooskaap nie ver daarvandaan, maar nou sien ek daar sal ook ghoenas en dagga wees, seker ook diamante.

HM ·

Die grootste gemors ooit. Oor n paar jaar het ons land ZOMBIES. Dagga raak nie net n verslawing nie maar dryf gebruikers na iets sterkers. Baie gebruikers gebruik die olie vir pyne maar baie gebruikers gebruik dit ook vir verkeerde redes. Ek glo die gebruik van dagga lei tot bloedarmoede.

deon scheepers ·

Ek wonder hoeveel daggaplante uit ge
pers moet word om 10ml olie te lewer

Andreas ·

Dit word nie gepers nie, dit word gekou en die sap in ‘n bakkie uitgespoeg. Werkskepping.

Sanna ·

Dit hang af van watter deel van die plant gebruik word; blare, stingels of koppe. Daars ook verskeie kultivars nes mens verskillende wyndruiwe kry en elke kultivar het sy eie THC en CBD vlakke wat wissel. Ek skat dit wissel ook met die groeisiklus. Om ‘n olie van ‘n sekere gehalte of sterkte te kook van een kultivar sal dus 1 kg gedroogte plantmateriaal verg in vergelyking met 200g gedrooge plantmateriaal van ‘n ander kultivar.

willem botha ·

Ek hoop nie een persoon wat in die afgelope verkiesing DA gestem het kla hier oor hulle nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.