Kaapse onnie ontbloot hom in openbaar

Die man wat homself glo voor die vrou ontblood het. Die foto  is digitaal gemanipuleer. Foto: Chantelle Visser.

Die man wat homself glo voor die vrou ontblood het. Die foto is digitaal gemanipuleer. Foto: Chantelle Visser.

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ʼn voorval waar ʼn onderwyser van Kaapstad homself glo voor ʼn vrou in die Tokai-woud ontbloot en gemasturbeer het. Die vrou, Chantelle Visser, is ʼn plaaslike fotograaf wat Sondag by die woud was om ʼn fotosessie te doen.

Sy skryf op Facebook sy het die man omstreeks 11:00 in die woud gesien terwyl sy in Orpenweg in haar motor vir haar kliënt gewag het. “Die man het teen ʼn boom geleun, sy geslagsdeel uitgehaal en begin masturbeer terwyl hy my aangestaar het,” het sy gesê.

Visser het haar selfoon gebruik om die voorval af te neem om as bewyse aan die polisie te verskaf. “Toe hy klaar was, het hy sy hand teen ʼn boom skoongevee en verby my motor geloop terwyl hy die hele tyd vir my gekyk het.”

Sy het ʼn duidelike foto van die man se gesig geneem en dit later op Facebook gelaai, waarna dit soos ʼn veldbrand versprei het. Die man se identiteit is kort daarna vasgestel as ʼn onderwyser van Hoërskool Plumstead.

Visser het ʼn saak by die Kirstenhof-polisiestasie aanhangig gemaak, en die Wes-Kaapse departement van onderwys is ook van die voorval ingelig.

Kapt. FC Van Wyk het Donderdag aan Maroela Media bevestig dat Visser die saak by die polisie aangemeld het. “Die saak word nog ondersoek, en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie,” het hy gesê.

Die provinsiale departement van onderwys het ook ʼn ondersoek van stapel gestuur en kon sy identiteit bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

snip ·

Mag mens die man n vark noem, of is dit n belediging vir n vark. Sien jy Lientjie P ek het n vurkie V gebruik

pop ·

En Chantelle!!!! Jy sit maar lekker en kyk en vat n video. Die man gaan juis woud toe om privaat te wees en dan sit jy hom en bekyk. Het jy dit aangegee omdat jy bang was hy herken jou iewers?????Julle is altwee siek. Sies man.

Vic ·

Die vrou het in haar motor gesit. Die man het teen n boom gestaan in n openbare plek, en vir haar gestaan en kyk terwyl hy sy ding gedoen het. Maar sy is skuldig???? Aan wat??? Sy is bang hy herken haar iewers? Hoekom moet sy bang wees???

“Privaat” is in jou eie huis waar niemand jou kan sien nie. Of waar jou vrou jou kan sien. Nie buite waar ander rondloop of ry nie.

En dit van een vrou na n ander. Red nou n volk…..

Trippie ·

Sies Pop! Hoe kan jy die vrou met klippe gooi? Klink eerder soos suur druiwe.

pop ·

En Snip, mens kan nie mense met diere vergelyk nie, nooit nie. Diere is verhewe bo menslike walglikheid!!!!!!!!

lillian ·

So “onnie” sal ek nie naby my kinders wil hê nie! Dank hom summier af .. hy lol seker met die kinders by die skool ook!

Eish! ·

Jammer dat ek lag, maar dit wys jou hoe siek is ons mensdom. Die vrou neem ‘n video om hom te laat boet vir sy dade en sekere mense dink sy is siek. Dankie dame dat jy gesit en afneem het. Sodoende is daar dalk ‘n paar van ons land se kinders gered van ‘n pedofiel! En jy moes net uitgehang het by jou venster en geskree het ag shame! Maar nou ja ons dink mos altyd te laat aan die regte goed om te se. Dink ek sou gevries het en glo nie dit is geskik vir die media wat deur my kop sou vlieg nie. Hahahaha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.