Kaapse owerhede op soek na bobbejaan-skieter

Die Chacma bobbejaan, ook bekend as die Kaapse bobbejaan. Foto: https://en.wikipedia.org

Die Chacma bobbejaan, ook bekend as die Kaapse bobbejaan. Foto: https://en.wikipedia.org

Ontstoke inwoners van Scarborough op die Kaapse Skiereiland het ʼn beroep op die owerhede gedoen om die persoon vas te trek wat op 20 Desember ʼn bobbejaan-ma in die omgewing doodgeskiet en haar kleintjie wees gelaat het.

Baboon Matters, ʼn nie-winsgewende organisasie, het op sy Facebook-blad gesê nadat die bobbejaan doodgeskiet is, is haar twee of drie maande oue kleintjie sonder heenkome gelaat. “Die kleintjie word nou deur ʼn ander dragtige bobbejaan rondgedra en dit lyk asof die kleintjie probeer om aan die bobbejaan te drink. Die veearts hoop dit sal melk vir die kleintjie stimuleer,” het die organisasie gesê.

“Wanneer die dragtige bobbejaan se kleintjie binnekort gebore word, sal sy moontlik nie in staat wees om na haar eie kleintjie en die wees-bobbejaantjie om te sien nie.”

Die dekfoto op die organisasie se blad vra die vraag, “Wie is die Scarborough skieter?” en het wyd reaksie van sosialemediagebruikers uitgelok.

Bobbejane is ʼn beskermde spesie in die Wes-Kaap en mag volgens wet nie doodgemaak word nie.

Intussen het die Stad Kaapstad in ʼn verklaring gesê ʼn nadoodse ondersoek wat op die bobbejaan gedoen is, het getoon dat die bobbejaan met ʼn windbuks doodgeskiet is. Die stad het die voorval ten sterkste veroordeel en ʼn beroep op inwoners gedoen om met meer inligting na vore te kom.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan Baboon Matters se hulplyn op 071 588 6540 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Winston ·

n Windbuks. Sommige windbukse is gevaarliker as .22 gewere maar word oor toonbank verkoop. BB gewere net so gevaarlik soos sommige “vuurwapens”. Ek wonder hoeveel bedreigde/ beskermde spesies, voëls en diere word jaarliks geskiet net vir die “sports”. Baie windbuks eienaars is uiters onverantwoordelik.

Kellies ·

Hallo Winston. Hoekom nou dadelik die wapen die skuld gee? Dit is die persoon se besluit om die bobbejaan te skiet!

Dee ·

èn Winston, dit is nie nodig om vuurwapens in aanhalingstekens te plaas. Daar is werklik ‘n vuuraksie in dit. Wat probeer jy motiveer met jou tipe skrywe? Wenk aan die dames wie se mans nie moeite wil doen om ‘n vuurwapen aan te skaf (julle kan dit ook doen), hoor wat Winston sê – dit kan oor ‘n toonbank gekoop word en dien as ‘n selfverdedigingswapen.

Tammy ·

Die lafaard kruip iewers weg. As dit n man is sal hy homself bekend maak, maar hy voel nou veilig solank niemand hom kan uitken nie en hy kan wegkruipertjie speel die gemors!! Wonder hoe sal hy reageer voor die loop van n stewige windbuks. Ek sal wat wou gee om dit te weet?

Ludwig ·

Baie jammer vir die bobbejaan-wesie. Ek hoop hy of sy kry versorging. Maar dis die skietery wat weereens net die aandag vestig op die belaglikheid van bepalings van die Suid-Afrikaanse vuurwapenwetgewing. ‘n Mens het geen lisensie nodig vir ‘n windbuks nie, maar hier is nou weer duidelike bewys dat ‘n windbuks ook dodelik kan wees. Geen vuurwapen mag in ‘n munisipale gebied afgevuur word nie, maar dit geld nie vir gevaarklike windbukse nie. Vuurwapenlisensies word aan verantwoordelike volwassenes uitgereik, maar elke kind wat lus voel vir iets skiet, kan met ‘n windbuks lostrek net waar en net wanneer hy wil. ‘n Mens het vyf foliovelle nodig om al die belaglikhede van die huidige vuurwapenwetgewing uit te wys. Die ergste daarvan is hoe mense nou al vyf jaar en langer wag om hul lisensies hernuwe te kry, partykeer breek die tweede vyfjaar-spertyd al aan dan is die lisensie vir die eerste vyf jaar nog nie eens uitgereik nie.

Dee ·

Ludwig, waar kom jy aan dit wat jy vertel? Ek het ‘n rewolwer en ‘n pistool en ek self was nalatig met my pistoollisensie se hernuwing en het dit meer as ‘n jaar laat hernu. Ses maande gewag (met geen navrae oor my laat hernuwing) en die vuurwapen-offisier by die polisie het verskoning gevra omdat ek so lank moes wag en dit gewyt aan ‘n drukkersprobleem.

Vele blankes wat vuurwapens behoort te besit om hul gesinne te beskerm gebruik die nuwe wetgewing en jou tipe skrywe as verskoning om nie die nodige moeite te doen.

Peet Schabort ·

Nee Ludwig, windbukse val onder dieselfde wetgewing as werklike vuurwapens waarvoor jy ‘n lisensie nodig het.

Dee ·

Interessant wat jy sê, Peet. Nie geweet ‘n windbukis is nou ook lisensièerbaar nie en dan praat mense soos Ludwig tjol asof hulle weet wat aangaan.

Peet Schabort ·

Lekker sarkasties né Dee. Om die hele storie vir jou te vertel is dat ek reeds geweet het van die vuurwapenwet wat ook windbukse (nie windbukis soos jy spel wat seker wel ander gebruike het) insluit. Net om seker te maak dat die tjol wat ek skryf korrek is het ek minute voor my skrywe gestap na ‘n kaptein in die SAPD wat die vuurwapenoffisier is ter plaatse en gaan seker maak oor die tjol wat ek geskryf het.
Doen dus ‘n bietjie moeite voordat jy praat.
Onthou dat jy genoeg weet van iets indien jy besef en dit tot jou deurdring dat jy nie genoeg weet van die onderwerp. Dan is selfs die domste soos ekke slim genoeg om inligting te gaan inwin voor ek tjol praat.
Wees dus seker daarvan dat jy gaan GROOT probleme optel met die afvuur/skiet van ‘n windgeweer op die verkeerde plek. Outomaties sal jou wettige werklike vuurwapens ook in die gedrang kom.
Dalk bly jy in Poernjab waar ander wette geldig is vir windgewere.

Weskaper ·

Saak het 2 kante, het die bobbejaan nie die oorsaak van die skiet veroorsaak nie. Sal ook bobbejaan skiet as hy my aanval veral wanneer hulle honger is en jy moontlik kos by jou het.

Francie ·

Dankie, Weskaper! Uiteindelik iemand wat erken dat die bobbejane self maak dat hulle “gejag” word. Hulle is nie net ‘n oorlas nie, maar werlik ook ‘n gevaar. Sou die mense wat die arme diere jammer kry en dan nog kos gee ook nie dalk die oorsaak van die problem wees nie? Dis hoog tyd dat stappe geneem word om die bobbejane terug te kry waar hulle hoort: in die natuur waar hulle vir hulself sorg.

weskaper ·

Saak het 2 kante, het die bobbejaan nie rede gegee vir die skiet nie. Ek sal ook bobbejaan skiet as hy my aanval soos wat baie kere gebeur as hy honger is en jy moontlik kos by jou het.

Johan 2 ·

Hahaha…julle is snaaks, dis net n bobejaan…daar is moer baie van die goed. Gaan jul nou begin huil oor beeste ook?

GES ·

Waarom die heftige reaksie oor windbukse?? Ketties, slingervelle en pyl en boë moet seker ook gelisensieër word. Niemand wat kommentaar gelewer het weet regtig wat presies gebeur het nie. My ondervinding van die afgelope vakansie in Sodwana was nie baie aangenaam nie met lastige ape wat tente skeur en kos steel. Wil die beswaardes en besorgdes nie die probleem vir ons oplos nie?

Peet Schabort ·

Doodeenvoudig GES. Die goed moet net nie kos gegee word nie. Die wat nou alreeds bederf is sal doodeenvoudig geskiet moet word want soos jy sê is hulle ‘n verpesting. Daarna behoort diegene wat volhard om hulle kos te gee daardie gebied verbied te word. Indien dit nie werk moet hulle ‘n stywe boete kry van ten minste R10000. As dit dan ook nie werk dan . . . . wel , jy weet wat ek bedoel.
Ek was in ‘n wildernisgebied waar daar so met tussenposes (selfs weke/maande/) skote geskiet is om die bobbejane terug te dryf wanneer hulle té naby aan die vakansie-oord gekom het. Daar het ons nooit las gehad en vir die besorgde widliefhebbers; niemand, selfs nie eers ‘n gogga is beseer nie.

Jacques ·

Regtig! Dis net n bobbejaan. Het hy n naam gehad, was hy ge collar. Dink nie so nie. So die ou bobbejaantjie was nie so spesiaal nie. Verkeerde tyd op verkeerde plek!!!! Daar is genoeg van die goed!

Leon ·

Blerrie lastige dooie bobbejaan…ontketen sowaar soveel kommentaar op Maroela.
Waarom nie eerder die boere as bedreigde spesie verklaar nie?

tussendielyne ·

Dit is omdat julle diere op die selfde vlak as mense wil plaas, dat die tipe nuus emosies opwek. As jy die gemors langer lig gee, dan begin mense dit glo. Die kort van die lank…die storie het 2 kante, en net die 1 word gebuik om n’ punt te maak.

GES ·

Dankie Peet ek wens al die mense wil jou kommentaar lees. Die parkeraad is ook maar traag om te help. Hulle wag gewoonlik totdat die probleem handuitruk en skaar hulle dan aan die verkeerde kant. Dit maak enige mens moedeloos.

Ludwig Visser ·

Dee, jy kan jouself gelukkig ag dat jou lisensie al hernuwe is. Ek wag al sedret Maart 2015 vir my hernuwing. En dis seker nie nodig dat daar in kommentare na ander se geskrifte as “tjol” verwys wordnie. Ek dag ons debatteer hier op ‘n beskaafde manier! Ek is 77, en sal dit nie eens waag om ‘n jonger debatvoerder se uitlatings as tjol te bestempel nie. En verder: Mens het geen lisensie nodig vir ‘n windbuks nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.