Kaapse polisie lê beslag op R2,4 m. se perlemoen

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

Die Kaapse teenbende-eenheid van die polisie, die departement van landbou, bosbou en visserye asook die misdaadintelligensie-eenheid het in ʼn gesamentlike optrede op ʼn pakhuis in die Kaapse voorstad Milnerton toegeslaan en op ʼn goed geoliede, onwettige perlemoenfabriek afgekom.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die beamptes het op ʼn wenk gereageer en Vrydagoggend om 10:00 by die perseel in Freedom Way opgedaag waar ʼn Chevrolet Optra met twee Chinese mans daarin pas stilgehou het. “Terwyl hulle die voertuig deursoek het, het die wetstoepassers op 50 kg sout afgekom, wat hul vermoede bevestig het.”

In die pakhuis het hulle op ʼn onwettige perlemoenverwerkingsaanleg afgekom en die twee mans (onderskeidelik 31 en 34) in hegtenis geneem, sê Rwexana.

Die beamptes het beslag gelê op talle plastiekhouers vol ontskulpte perlemoen, staalkastrolle, gasbottels en -branders, ʼn skaal, ʼn kisvrieskas en ander toerusting. “Die vertrekke op die boonste vlak is as droogkamers ingerig,” sê sy, “waar beamptes ook op gedroogde perlemoen beslag gelê het.”

Beslag is gelê op soveel as 4 923 eenhede ontskulpte perlemoen en 638 gedroogte perlemoen met ʼn geskatte straatwaarde van R2,4 miljoen.

Die mans bly in aanhouding tot hulle Maandag in die Kaapse landdroshof voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gert ·

Nou wat word nou van die perlemoen . Dit gaan seeker nie weer terug see toe nie

DG ·

Waat kom die amper 5000 perlemoen vandaan? Dit word geduik en dís die mense wat versuip moet word!!!!!

Die Verlore Skaap ·

Die regering weet presies wat aan die gang is.
Iemand is weer nie genoeg afbetaal nie.

Clipper ·

Wanneer sal die gestropery ooit eendag ophou. Die polisie is totaal en al onbevoeg om die kriminele in bedwang te bring

Philip ·

Wonder waar die duikers (bende) is wat ook vasgevat moet word. Twyfel of chinese sal duik. Kan hulle ooit swem. Lol.

Paul ·

Dis vir my so erg dat ons SA burgers wat ons lewe lank deel was om ons land op te bou, nie die voorreg het om sekere van ons hulpbronne vrylik te geniet nie. Dit lyk vir my kreef en perlemoen word net vir die buiteland uitgeroei. ‘n SA burger het nie die voorreg om dit bekostigbaar te verkry nie.

Francois ·

SAPS moet voorkom dat dit in die eerste plek uitgehaal word uit die see. Nou is die oes klaar dood, en verwerk, en beland waarskynlik in “fancy” restaurante (en ‘n paar SAPS gatsakke) na dit op veilings verkoop word. Gaan vang die stropers(en die skelms in SAPS) op heterdaad voor hulle die perlemoen/kreef uithaal(daar is vele Youtube videos wat wys hoe hulle duik by Gansbaai en ander plekke) Ons as Suid Afrikaners sal eendag net stories kan vertel oor die dae toe ons nog kreef en perlemoen kon eet. Ons kinders sal nie eens weet hoe dit smaak nie.

Essie ·

Ek vra dalk n dom vraag ma kan enige van daai perlemoen weer terug gegooi word in die see

Rabes ·

Ja jy kan die perlemoen terrug gooi,maar hulle is alreeds dood. Ek wonder nou hoekom wil jy dit terrug gooi?

Karolis ·

Ek sou ‘n groep Vigilanties gestig het as ek in Gansbaai gebly het. Nie een skrefieoog sal een perlemoen daar oplaai nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek is maar ‘n binnelander….Ken Springbok biltong en skilpadjies en dik steaks op die kole en “tongue bones” en pampoenkoekies en doekpoeding……….Wat is so besonders aan perlemoen? Ek was eendag genooi vir oesters……….en vir my het gesmaak soos snot met brandsous op. Skate-wings is dieselfde…….onmenslike taai stukke rubber wat smaak soos uitveër…. Miskien smaak perlemoen na iets……..want daai straatwaarde maak my naar.

Snowflake ·

Daai China’s is gek oor die kleiner kusdorpies…… hulle wag tot sonsonder wanneer niemand meer op strande dwaal……hoe later hoe beter.. en natuurlik doen hulle defnitief nie self die job nie…. won self by kus

Danie Keet ·

Hierdie is maar net nog ‘n voorbeeld van die SAPD en DSAFF se mislukte pogings om die perlemoenbron te beskerm – en nou maak hulle asof dit ‘n deurbraak was…
Dit is maklik om perlemoen te konfiskeer, maar te moeilik vir die owerhede om te keer dat hierdie bedreigde spesie bekerm bly. Kom kyk maar hoe gaan dit elke dag langs die Overbergse kus. Gisteraand weer het perlemoenstropers oop en bloot die Kleinbaaise sleephelling gebruik vir hul misdadige aktiwiteite – en wie was daar om te keer? Niemand…net die publiek wat alles raaksien – die owerhede is sienende blind…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.