Kaapse polisieman doodgeskiet

Argieffoto

’n Polisiebeampte is Dinsdagaand in Kaapstad doodgeskiet toe hy ’n rooftog-verdagte in hegtenis geneem het.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring konst. Thando Sigcu (38) het die verdagte omstreeks 21:00 in Heerengrachtstraat in hegtenis geneem toe twee beamptes van die Stad Kaapstad op die toneel stilgehou het.

Volgens Potelwa is skote afgevuur en die polisiebeampte is noodlottig gewond. Die verdagte is ook in die proses gewond en na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Lt.genl. Yolisa Matakata, provinsiale polisiehoof, het haar medelye met die konstabel se familie betuig.

Sigcu was sowat vyf jaar in die polisiediens en word beskryf as ’n verantwoordelike en gedissiplineerde polisielid.

Die Valke ondersoek nou die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karolis ·

Effens onduidelik wat ‘n “beampte van die Stad Kaapstad” is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.