Kaapse prokureur geskiet

Argieffoto: Kent Williamson

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord nadat ’n Kaapse prokureur vandeesweek in sy motor in Kaapstad geskiet is.

Jakes van der Merwe (53) het Woensdag omstreeks 07:50 in sy voertuig in Constantiaweg in Higgovale gesit toe hy deur onbekende verdagtes geskiet is.

Kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela bevestig.

Volgens Traut het die verdagtes ná die skietery op die vlug geslaan en is hulle sedertdien soek.

Van der Merwe is ’n prokureur by Dicks van der Merwe Prokureurs in Tuine, Kaapstad.

Luidens ’n bron by die firma sterk Van der Merwe tans in ’n hospitaal aan.

Dit volg weke nadat adv. Vernon Jantjies (54) in Desember by ’n vulstasie in Mitchells Plain doodgeskiet is. Niemand is nog in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter ·

Lyk my sekere kliënte van regsverteenwoordigers wil al hul spore doodvee, sekeres weet te veel. Dooies praat nie. Oppas met wie jy meng, ‘n skuldige moet nie kan loskom van vervolging nie, help nie so ‘n persoon kry regsverteenwoordigers nie. Dis hoekom die land so wetteloos is vandag. Wat jy saai sal jy maai.

Santjie ·

Dit klink vir my of die “gangsters” hier ‘n vinger in die “pie” kan he.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.