Rugbyspeler breindood verklaar ná duikslag

Kyle en sy eksvrou, Tremaine, by hul tweeling, Caylib en Caylin, wat Donderdag agt word.

ʼn Rugbyspeler van Ravensmead in Kaapstad is breindood verklaar nadat hy Saterdag in ʼn klubwedstryd beseer is.

Kyle Barnes (31) het glo in die tweede helfte van die eerste span van Goodwood se wegwedstryd teen Strand afgebuk om die bal op te tel, vertel hul klubvoorsitter, Johann Vorster. “Een van die teenstanders het hom geduik en die ou se skouer het Kyle in die nek getref.

“Hy het opgestaan, gaan sit en weer gaan sit. Die medics het gesien daar is fout met hom en die ambulansdienste laat kom. Hulle het hom behandel en na die Mediclinic Vergelegen op Somerset-Wes geneem.”

Vorster sê die dokters het Sondagoggend omstreeks 10:00 besluit om Barnes breindood te verklaar. Hy is op die oomblik aan ʼn lewensondersteuningstelsel gekoppel.

Barnes, wat by die departement van gesondheid werk, is verlede jaar van sy vrou, Tremaine, geskei. Hul tweeling, Caylib en Caylin, word Donderdag agt jaar oud, vertel Vorster.

Vorster moes Woensdagmiddag aan die Westelike Provinsie-rugbyunie gaan verduidelik wat gebeur het. “Dis outomaties as gevolg van die erns van die voorval dat WP Rugby ondersoek instel,” sê Vorster.

Hy was op pad Nuweland toe nadat hy by die hospitaal was waar Barnes se familie by sy bed waak. Hulle verkies om nie met die media te praat nie, sê Vorster.

Intussen sê Hester Hale, tot verlede jaar Goodwood-rugbyklub se sekretaresse, sy en haar man, Craig, wat die eerste span afgerig het, ken Kylie, soos hulle hom noem, baie goed.

“Gisteraand het ons oor hom gepraat en ek wou graag weet wat my man van hom gedink het en sy woorde was: ‘Vrou, as ek oor Kylie moet praat, gaan ek nooit ophou nie, want in al die jare dat ek al afrig, het ek nog nooit so ʼn goeie kaptein gehad nie. Kylie was my yster!’”

Sy beskryf Barnes as “so ʼn nederige man en ongelooflik passievol oor rugby en die klub. Hy is vir seker een van die mees geliefde spelers by Goodwood.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

LH ·

Wat ‘n hartseer storie . . .
Baie sterkte Tremaine, die kinders, ouers, familie en almal vir wie hy lief en dierbaar was. Mag hy in vrede rus

VanAfrika ·

Gebruik net bietjie verbeelding, elke keer dat hy wil opkom het hy gaan sit, opgekom en weer gaan sit.

zis ·

Moet tog nie so puntenerig wees oor “gaan sit en weer gaan sit’ Die punt is die man is dood en dis sad.

Ellisras ·

Dit is nie Rugby se skuld nie. Dit is die lewe. Dit kan enige plek gebeur. Dit is so hartseer.

jakes ·

Dis n hartseer storie. Ons bebede gaan uit na sy familie en kinders. Die duikslag moet ondersoek word.

Penellope Jones ·

Ai, jammer om te lees.
Alle sterkte aan sy familie.

Gesiggie ·

Dit is bitter hartseer… so n swaar besluit? ek het al gelees van Dokters wat ander mense ook breindood verklaar het, maar dat die familie geweier het om die masjien aftesit…hul het bly hoop, en n wonderwerk het gebeur? daar is iets soos Engele, dit is nie ons besluit, maar met baie wilskrag en Geloof… wie weet, indien hy nogsteeds op die lewensondersteunings toestel is…God is Good… I believe in Angels??

Kat ·

Hoekom kom sulke gevalle altyd voor in klub rugby? En nie Internationale rugby nie.. so n bietjie meer aspris en opsetlike spel wil my voorkom…

Jo ·

Hoekom meer beserings in skool rugby as klub rugby? hoekom korter games teenoor internasionale rugby. Simple vergelyking.

Naj ·

Breindood beteken eintlik dood. Organe ‘werk’ as gevolg van masjiene maar die persoon lewe nie.

Diefie ·

Wat ‘n swaar besluit is dit nie, Mag die Vader Sy hand van wysheid oor julle hou.

KL ·

Hy’s breindood verklaar, nog op masjiene tot die familie besluit.

Phillip ·

snaaks genoeg die prof. word vir moord aangeklae maar daar mag bepaal word breidood wat is die verskil dit is mos ook genaade dood of hoe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.