Kaapse speurder al langer as ʼn maand vermis

Gert en Marietjie saam hul twee dogters.

Gert en Marietjie saam hul twee dogters.

Gert Marais (44), ’n forensiese speurder van Kaapstad, word steeds vermis nadat hy op 14 Desember spoorloos verdwyn het.

Marietjie, Gert se vrou, het aan Maroela Media gesê haar man is omstreeks 17:00 die laaste keer by die gesin se huis in Melt Brinkstraat in Parow gesien. Sy foon is sedertdien af en daar is nog nie geld uit sy bankrekening onttrek nie.

Die egpaar se oudste dogter, Danélle, het op 8 Januarie haar 20ste verjaarsdag gevier en die gesin het gehoop Gert sou dan terug by die huis wees. Die egpaar het ook ʼn 16-jarige dogter, Elandi.

Gert het ʼn rooi en wit blokkieshemp, khaki-kortbroek en ʼn groen De la Rey-sak by hom gehad toe hy die laaste keer gesien is. Hy is groot gebou en is 1.9 meter lank en weeg 108 kg. Hy het blou oë en grys hare. Hy het bakore en ʼn dubbelken. Hy het ook letsels aan sy linkerarm en nek. Marais moet mediese behandeling ontvang en hy is moontlik baie depressief.

Die gesin het ook ʼn webwerf geskep om te help met die soektog na Gert. Lede van die publiek kan deur middel van die webtuiste met sy vrou en twee dogters kontak maak, kontak ao. Spannenberg van die Parow-polisiestasie op 082 411 3292 skakel.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SNEL ·

Baie dankie dat Maroela ons ophoogte hou met die storie. Hoop regtig die gesin kry gou nuus en hoor wat aangaan. Sterkte aan die ma, dogters en familie.

Eish! ·

Die eerste wat ek van die soektog hoor. Kan mense nie bietjie beter adverteer dat die man soek is nie? Dalk op tv of iewers. Dalk het hy geheue verlies en iemand anders kon hom iewers sien. Ek sal van my kop afraak as dit my man of pa was. As hy ‘n speurder is, dink ek die SAP moet darem iets begin doen!

Lillian ·

Hy is ‘n privaat speurder. Maw hy het sy eie besigheid. Hy is nie ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Polisie Diens se speur afdeling nie.

Y2k_gogga ·

@ Lillian – Hy is ‘n forensiese speurder by die polisie. Ken die familie persoonlik.
@ Eish – Die polisie is betrokke, al die pelle ens soek na hom, maar niemand kry niks, alle leidrade loop dood. Glo my, meeste van die vriende was kollegas van flying squad…. en as hulle nie werk nie, soek hulle na Gert.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.