Kaapse stasiebevelvoerder van seksuele teistering verkla

Argieffoto: SAPD

ʼn Bevelvoerder by ʼn polisiestasie in Atlantis-in die Wes-Kaap is uit sy pos verwyder hangende ʼn ondersoek na bewerings van seksuele teistering.

Volgens brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, word die naam van die senior polisiebeampte in dié stadium weerhou. ʼn Waarnemende stasiebevelvoerder is wel reeds aangestel totdat die saak afgehandel is, het Potelwa verseker.

“Die bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens beskou die bewerings teen die bevelvoerder in ʼn ernstige lig en wil toesien dat die interne sowel as die strafregtelike ondersoek nie in die wiele gery  word nie.

“Ons sal ons daarvan weerhou om verder oor die saak te kommunikeer totdat die ondersoeke afgehandel is,” sê Potelwa.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kous ·

Twee moontlikhede kan genoem word: 1. Die persoon het hom/ haar self daarasn skuldig gemaak of 2. Deesdae die maklikste manier om van die ” baas” of Kolega ontslae te raak. Al word jy dalk onskuldig bevind bly dit op jou rekord en jou loopbaan is kapoet.

Arno Scheepers ·

Waaroor gaan die polemiek. Skors hom, dag hom voor die hof. As hy skuldig bevind word, sluit hom lank toe.

pan ·

Hier is polisie betrokke en waar polisie betrokke is is die moontlikhede groot dat hulle betrokke kan wees by misdaad.

Anoniem ·

Was dit nou n gewone lid was hy onmiddellik geskors. Sommer so op hoorse. Siek dat Senior lede altyd beskerm word, juis hulle wat voorbeeld moet stel.

Leon Dormehl ·

Die probleem is dat die persoon wat (dalk onskuldig) beskuldig word, homself op sy koste moet verdedig. Dan word hy onskuldig bevind maar dit kos hom n fortuin. En dit is BAIE moeilik om n skade eis teen die staat of die oorspronklike klaer in te stel. Met hierdie soort v klagte is dit maklik om n goeie liegstorie, selfs met getuies aanmekaar te flans.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.