Kaapse straat dalk na De Klerk vernoem

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

Tafelbaairylaan kan dalk eersdaags FW de Klerk-rylaan heet indien die Kaapse stadsraad dié voorstel deur die stad se naamkomitee goedkeur.

“Die voorstel voldoen aan die stad se benamingsbeleid wat bepaal dat burgers van Kaapstad en Suid-Afrika in hul leeftyd oorweeg kan word indien hulle internasionale erkenning van die hoogste soort ontvang het,” het raadslid Brett Herron in ʼn verklaring gesê.

Herron het gesê die voormalige president voldoen aan dié vereiste. De Klerk (79) was van September 1989 tot Mei 1994 president van Suid-Afrika. Hy het in 1993 saam met oudpresident Nelson Mandela die Nobelprys vir vrede ontvang vir hul bydraes tot die beëindiging van apartheid.

Volgens Herron het De Klerk gesê hy is ten gunste van die idee solank die straat wat na hom vernoem word ʼn neutrale naam het. Herron het gesê die finale besluit rus egter by die stadsraad. “Inwoners, rolspelers, belanghebbendes en gemeenskapsorganisasies het die geleentheid gekry om hul siening daaroor te gee.”

Herron het gesê die besluit om De Klerk se naam voor te stel het gekom nadat prominente inwoners van Kaapstad in Junie verlede jaar skriftelik die versoek aan burgemeester Patricia de Lille en die stadsraad gerig het. Die ondertekenaars sluit in aartsbiskop Desmond Tutu en Helen Zille, premier van die Wes-Kaap.

Volgens die voorstel is dit gunstig vir die stad om De Klerk se rol in die oorgang na ‘n nuwe bedeling in Suid-Afrika, te erken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hanno Visagie ·

Oud-president Weggee de Klerk polities-korrek vernoem?

Oom Koos ·

Agge nee wat. Wat skort met die huidige straatnaam? Sommige Suid-Afrikaners is behep daarmee om strate en dorpe na oud-politici te vernoem. Verbeter eerder dienslewering en hou op torring aan dorp- en straatname.

Piet Snot ·

Ai ja, moet ons nou elke slag herinner word aan die ou verraaier.

Paul ·

Hy was mos so gesteld op sy wigte en teenwigte, hulle moet miskien die straat Booswig straat noem.

Oom Koos ·

Agge nee wat. Wat skort met die huidige naam? Hoekom die beheptheid om strate na politici en veral oud-politici te vernoem? Verbeter eerder dienslewering en hou op torring aan straatname.

Oom Koos ·

Agge nee wat. Wat skort met die huidige straatnaam? Sommige Suid-Afrikaners is behep daarmee om strate en dorpe na oud-politici te vernoem. Verbeter eerder dienslewering en hou op torring aan dorp- en straatname.

Jaco Steyn ·

Dit wil voorkom asof straatname vernoem word na heelwat karakters wat ‘n aansienlike bydrae gelewer het tot hierdie land se agteruitgang – vanaf Beyers Naudé tot Steve Biko tot FW de Klerk…

Lindie Lourens ·

Noem nuwe strate nuwe name en nuwe hospitale nuwe name en nuwe skole nuwe name. Los die ou name net daar, dis mos om ‘n rede so genoem. Moenie krap waar dit nie jeuk nie.

Gwen ·

Die Vryheidsfront Plus in Kaapstad staan die voorstel teen. Ek loof die VF Plus vir hierdie weerstand.

Gwen ·

Dit is terloops die wondelike “Afrikanergesinde” DA wat hierdie voorstel probeer deurvoer (en tien teen een sal slaag). Hopelik gaan daardie pienk Kapenaars se oë bietjie oop sodat hulle die verraderlike DA se ware kleure kan sien.

elsja ·

Ek moet jammerlik met jou saam stem moet nooit vergeet die T kom uit die BLACK SACH

Elizabeth ·

Ag tog, ek stem – WAT op aarde is verkeerd met die naam soos dit is? Ek pes dit as mense vernoem word, want een of ander tyd neuk hulle op. Het ons nie genoeg bome, plante, visse, voëls, diere, goggas, grasse en allerhande ander interessanter dinge waarna mens strate kan vernoem nie, wat foeter nou weer met politici? Los die verdampte naam nes dit is, nou wil hulle weer staan en geld mors. Vererg ek my so vroeg in 2015!

Chris Fourie ·

Wil die klomp nou die straat sleg maak.
Los hom soos hy is.

Marissa ·

Wat gaan die straat se naam wees? Volksveraaierstraat of Boereveraaierstraat?

Petronella ·

Die stad het in elk geval al n paar moordenaars en terroriste vereer met straat name, nog n ekstra krimineel sal seker nie so n verskil maak nie, dis net dat wanneer ek daar ry, sal daar n naarheid in my opstoot van n man wat ons leier was wat ons versaak en in die steek gelaat het. Terwyl hy lyfwagte het in rykdom woon word ons verarm en vermoor deur die Kommunistiese terroriste wat hy in bevel gelaat het. Maar mens moes seker vooruit kyk, want hy het eers sy vrou gelos en sy is ook vermoor onder baie snaakse omstandighede wat jou laat wonder.

Eugene ·

Ek stem saam met die kommentare hier – dit walg my ook erg dat enige-iets vernoem word na die grootste verraaier ooit in ons geskiedenis!

piet ·

Begin die straat nie waar hy sy vrou laat vermoor het nie? Hoe ironies

Sollie ·

As kreukelkop ENIGE ordentlikheid in hom het ,sal hy vra dit dit NIE gebeur want hy is teen sulke geldmorsprojekte. Dis nou as hy enige ordentlikheid het en enigsins omgee oor hoe sy land/stad se geld bestee word. Maar ja, dalk in ‘n droomwêreld sal dit gebeur…

pop ·

Ons gaan almal sterf en dan moet verantwoording doen. De Klerk ook. Wonder hoeveel mense is al gedood in die nuwe SA. En dan wonder ek of hy soms dink dat dit dalk sy toedoen is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.