Kaapse strande in Kerstyd soos kroeë

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, raak by ’n vorige geleentheid ontslae van drank waarop wetstoepassers beslag gelê het. Foto: Verskaf

Wetstoepassers van die Stad Kaapstad moes bontstaan teen die einde van die Kerstyd toe veral oortredings van ordonnansies oor drankgebruik hulle hoofbrekens besorg het.

Volgens Wayne Dyason van die stadsraad se afdeling vir wetstoepassing het beamptes verlede week amper 2 400 boetes uitgereik en 11 mense in hegtenis geneem. Hulle het ook op 2 927 eenhede drank beslag gelê op die Moederstad se strande. Gedurende die vorige week is heelwat minder eenhede gekonfiskeer, naamlik 1 716.

Dyason sê ʼn 34-jarige man van Manenberg is Maandag in hegtenis geneem nadat hy in die omgewing van Kalkbaai met 925 alikreukels betrap is. Hy is na die Muizenbergse polisiestasie geneem en ingevolge die Wet op Marine en Lewende Hulpbronne aangekla.

In ʼn afsonderlike voorval het stropers in die omgewing van Melkbosstrand Sondagmiddag ʼn sak met 259 uitgedopte perlemoen op die strand gelos. ʼn Verdagte het daarin geslaag om vir die polisie weg te hardloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elna

Ons was ook op vakansie by die suid kus gewees en orals is duidelike groot tekens geen ahkol geen braai geen vuurwerke geen diere nie. Ons mense het hulle nie daaraan gesteur nie. Hulle het openlik hulle drankie gegooi gedrink en lekker lawaai en die braai opgeslaan en gebraai die vlamme was nog hoog gewees toe gooi hulle die vleis al op die vuur en ons moet maar net sit en verstik in die rook. Of dit nie genoeg is nie skiet hulle vuurwerke op die strand reg voor ons en die ander persoon skiet n bom klapper af op… Lees meer »

Riaan

Elna. Ons was by Ifafa beach. Strand was so besaai van die drank bottles en ander vullis. Mens betaal die hele jaar af aan jou vakansie,Dan word alles bederf deur dag besoekers wat nie n flenter omgee hoe hulle die plek los nie. Glas stukke en bier bottel proppe en sigaret stompies is oral in die sand. Kan amper nie meer waag om kaalvoet te gaan stap of saam met jou kinders n gat te grou met jou kaal hande nie. Ek praat hier van alle rasse en sonder niemand uit nie. Dis so eenvoudig. Vat n plastiek sak saam… Lees meer »

Jennifer

Hieveel het terug gekom huis toe met blaas infeksie van die vuil water?

Hennie

Seker nie te moeilik om vir ‘n blou sokkerbal weg te hard loop nie, is dit?

Manie

Drank misbruik is n siekte op die Natalse strande en die polisie is te bang om die drank af te vat van hoofsaaklik swart vakansiegangers. Ek het dit al die verlede gesê maar gaan nou oor gaan tot aksie. Natal sal my nie weer sien in n Desember vakansie.