Kaapse strande in Kerstyd soos kroeë

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, raak by ’n vorige geleentheid ontslae van drank waarop wetstoepassers beslag gelê het. Foto: Verskaf

Wetstoepassers van die Stad Kaapstad moes bontstaan teen die einde van die Kerstyd toe veral oortredings van ordonnansies oor drankgebruik hulle hoofbrekens besorg het.

Volgens Wayne Dyason van die stadsraad se afdeling vir wetstoepassing het beamptes verlede week amper 2 400 boetes uitgereik en 11 mense in hegtenis geneem. Hulle het ook op 2 927 eenhede drank beslag gelê op die Moederstad se strande. Gedurende die vorige week is heelwat minder eenhede gekonfiskeer, naamlik 1 716.

Dyason sê ʼn 34-jarige man van Manenberg is Maandag in hegtenis geneem nadat hy in die omgewing van Kalkbaai met 925 alikreukels betrap is. Hy is na die Muizenbergse polisiestasie geneem en ingevolge die Wet op Marine en Lewende Hulpbronne aangekla.

In ʼn afsonderlike voorval het stropers in die omgewing van Melkbosstrand Sondagmiddag ʼn sak met 259 uitgedopte perlemoen op die strand gelos. ʼn Verdagte het daarin geslaag om vir die polisie weg te hardloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Elna ·

Ons was ook op vakansie by die suid kus gewees en orals is duidelike groot tekens geen ahkol geen braai geen vuurwerke geen diere nie. Ons mense het hulle nie daaraan gesteur nie. Hulle het openlik hulle drankie gegooi gedrink en lekker lawaai en die braai opgeslaan en gebraai die vlamme was nog hoog gewees toe gooi hulle die vleis al op die vuur en ons moet maar net sit en verstik in die rook. Of dit nie genoeg is nie skiet hulle vuurwerke op die strand reg voor ons en die ander persoon skiet n bom klapper af op n ander ou se rug. Dit was n panarie die polisie ry daar deur maar doen absoluut niks nou vra ek :” hoe nou gemaak?” Ons mag niks se of doen nie want dan is ons verkeerd en word name genoem en valse aanklagtes word teen ons gemaak. Is dit nie onregverdig nie?Reels moet mos vir almal geld maar hierdie land het dubbelstandaarde ek het vergeet.

Riaan ·

Elna. Ons was by Ifafa beach. Strand was so besaai van die drank bottles en ander vullis. Mens betaal die hele jaar af aan jou vakansie,Dan word alles bederf deur dag besoekers wat nie n flenter omgee hoe hulle die plek los nie. Glas stukke en bier bottel proppe en sigaret stompies is oral in die sand. Kan amper nie meer waag om kaalvoet te gaan stap of saam met jou kinders n gat te grou met jou kaal hande nie.
Ek praat hier van alle rasse en sonder niemand uit nie.
Dis so eenvoudig. Vat n plastiek sak saam en vat jou gemors saam as jy pad vat. Gooi jou sigaret stompie in n lee blik of bottel en vat dit saam tot by die namaste asblik.

Jennifer ·

Hieveel het terug gekom huis toe met blaas infeksie van die vuil water?

Hennie ·

Seker nie te moeilik om vir ‘n blou sokkerbal weg te hard loop nie, is dit?

Manie ·

Drank misbruik is n siekte op die Natalse strande en die polisie is te bang om die drank af te vat van hoofsaaklik swart vakansiegangers. Ek het dit al die verlede gesê maar gaan nou oor gaan tot aksie. Natal sal my nie weer sien in n Desember vakansie.

Johanna Botha ·

Geen wet en orde nie …en die polisie staan en kyk ???

heksie ·

Gaan my verstand te bowe dat mens jou vakansie so kan bederf deur heeltyd gesuip rond te kruip …
Ook ‘n onaangename ervaring gehad by ‘n oord in die Waterberge …. ons gaan om te rus en die natuur te geniet, dan kom daar ‘n klomp dronkgatte met lawaai musiek en ontsier jou hele week!

Lynette ·

Nou hoe verwag almal dat mense hulself moet geniet sonder om dronk te wees?? Daar bestaan mos nie meer so iets soos nugtere plesier en samesyn nie….

heksie ·

gaan my verstand te bowe dat mense so gesuip deur ‘n vakansie wil kruip …
Het self ook ‘n soortgelyke ondervinding gehad by ‘n oord in die Waterberge … mens gaan vir rus en vrede, weg van die lawaai van die stad en dan kom daar ‘n klomp dronkgatte met groot bekke en lawaai kwaito musiek om jou hele vakansie te bederf.

Jepetto ·

Ek bly in Gordensbaai vandat die nuwe dagga wet gewysig is rook al wat a dagga kop sy zol op die strand dit is nie eers meer lekker om langs die strand te gaan stap nie want jy riuk dit gereeld Drank is ook a groot kopseer by ons

Mariné Lourens ·

Dagsê At

Volgens die HAT is ‘n alikreukel (ook alikruikel of arikreukel) ‘n groot skulpsak wat op rotse by die see voorkom. Dit staan in Engels bekend as “periwinkle”.

Groete
Mariné nms Maroela Media

SjN ·

At, ek het verstaan dit was al die strandgangers wat gekreukel was agv alkohol inname en die uitgedopte perlemoen het vir die polisie sonder n dop weg gehardloop.

DVL ·

Die oplossing is maklik moenie in Desember strand toe of see toe gaan nie. Wie wil op n’ strand sit met honderde ander om jou en teen jou? My ma kuier by my broer wat in Toti bly en hulle kon vir die eerste keer in al die tyd wat sy oor Desember by hom gaan kuier nie strand toe gaan nie want dis oorvol. So hulle wag maar tot die naweek dat al die Valies huis toe is. Hoe wil mens die strand geniet met so vertrapping en versuiping die hele tyd.

A Mac ·

Wonder hoe was die opkoms op die weskus strande? Klink my almal het afgesak na die warm see toe. Ons moet nou maar gewoond raak daaraan. En drank, wel, soos die jare aangestap het het die drinkers mak geraak en die wetstoepassers onderdanig. Ons kan nou vertel van al ons ervarings maar mark my word, dit gaan net erger raak in die toekoms. Ons sal maar net ons vakansies moet aanpas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.