Kaapse student se liggaam in rekenaarlokaal opgespoor

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn 19-jarige student aan die Universiteit van Wes-Kaapland in Bellville is Maandagoggend in ʼn rekenaarlokaal op die kampus opgespoor.

Kapt. FC van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê skoonmakers het die manklike student se liggaam ontdek. “Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek,” het Van Wyk gesê.

Die student se naam is nog nie bekendgemaak nie. Die oorsaak van sy dood en hoe lank hy al dood is, is ook nog nie bekend nie.

Luthando Tyhalibongo, ‘n woordvoerder van die universiteit, het die voorval bevestig. “Die polisie ondersoek die saak en is besig om die student se naasbestaandes in kennis te stel,” het Tyhalibongo gesê. Hy het gesê die kampus wil nie oor die oorsaak van die student se dood spekuleer nie, maar dit wil voorkom of daar nie vuilspel was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.