ʼn Gedeelte van die dak is Dinsdagnag afgewaai en talle stene is uit die mure geruk. JP Smith, Kaapstadse burgermeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê ʼn strukturele ingenieur en elektrisiën is ontbied om ʼn die skade te bepaal en die gebou so vinnig moontlik te herstel.
Alle bedrywighede by die toetssentrum is intussen om veiligheidsredes opgeskort. Lede van die publiek is aangeraai om tot tyd en wyl van die rybewystoetssentrum in Somerset-Wes gebruik te maak. Administratiewe personeel van Gordonsbaai sal tydelik by hierdie sentrum uithelp om die werklading te verlig.
“In hierdie stadium is dit onwaarskynlik dat die Gordonsbaai-toetssentrum hierdie week nog sal heropen. Sodra ons die strukturele integriteit van die geaffekteerde area bepaal het en die ontblote elektriese bedrading herstel het, sal ons besluit oor die moontlik heropening van die sentrum,” het Smith gesê. “Ons sal die publiek op die hoogte hou sodra ons ʼn duideliker idee het.van ons vordering.”
Kaapstad het hierdie week onder sterk winde deurgeloop. Daar word berig van wydverspreide skade nadat bome ontwortel het en vier groot trokke wat by die Hugenote-tonnel naby Worcester omgewaai is. Die tonnel is gesluit vir verkeer.
KAAP VAN STORMS! Hoe groot (swaar) was die trokke wat omgewaai was?