Kaapse visserman vermis

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn Visserman van Kaapstad het vermoedelik verdrink nadat hy vroeg Donderdagoggend van ʼn boot afgeval het by Kaappunt, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Vrydag gesê.

Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, was die 51-jarige visserman van Khayelitsha van omstreeks 01:00 af op uitkyk bo-op die boot en is daar omstreeks 02:00 vasgestel dat hy verdwyn het. Die ander bemanning het alarm gemaak en die NSRI het drie reddingsbote na die area ontbied.

Volgens Lambinon is daar Donderdag ʼn grootskaalse soektog na die vermiste man van stapel gestuur maar sonder enige sukses. Die vissersboot het intussen Donderdagaand laat in die hawe by Tafelbaai aangekom.

Die polisie is besig met ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.