Kaapse winkelsentrum se dak val in

(Foto: Stand Against E-Toll and Corruption/Twitter)

’n Deel van die dak by die Somerset-winkelsentrum in die Wes-Kaap het Donderdagoggend ineengestort.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer- en reddingsdiens in Kaapstad, sê hulle is net voor 10:00 na die winkelsentrum in Somerset-Wes ontbied. Hy bevestig dat die dak omstreek 09:30 naby Wimpy en Clicks meegegee het.

Carelse sê dit wil voorkom asof dit dieselfde deel van die dak is wat ook in 2018 inmekaar gestort het.

Toe die dak in 2018 ineengestort het (Foto: Arrive Alive, Twitter)

ER24, Wes-Kaapse nooddienste, en die Kaapse brand-en reddingsdiens is Donderdagoggend na die toneel ontbied.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het bevestig dat niemand ernstig beseer is nie. Een vrou het ligte beserings opgedoen. Sy wou egter nie hospitaal toe geneem word nie.

Die gedeelte waar die dak wat ineengestort het, is tans vir veiligheidsdoeleindes afgesper. Verskeie winkelgangers het rondgestaan en kyk na die plafonpanele, pale en kabels wat uit die dak uithang.

Dit is nog nie bekend waarom die dak weer inmekaar gestort het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Niné ·

Soos die Engelsman sou se,”shoddy workmansship.” Ons is mos nou soos die res van Afrika waar alles inmekaar stort.

Gawie ·

As ek so na die fotos kyk – dis nie die dak wat ingeval het nie, maar eerder die plafon.

Stefan ·

Ek het nou nie al die feite nie, maar is dit dalk dieselfde BEE instorting as wat die hele land laat ineenstort?

Katie ·

Die aircon lug in daai mall ruik altyd muwwerig; die dak lyk blykbaar op verskeie plekke.

Jaco ·

wanneer jy vra dat gereelde instandhouding gedoen word, dan gebeur wat regtig met my gebeur het:
beskuldigings van “jy is n rassis”, “jy is teen transformasie”en “jy probeer net om die wit baas te wees”

netekalleen ·

Dis omdat alle bou prosesse te vinnig afgehandel word en nie behoorlik geevalueer word nie, want dan kan daar weer vinniger geld gemaak word iewers anders en die sentrums kan gouer begin gelmaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.