Kaapstad: 300 titelaktes sal ‘waardigheid herstel’

Tydens die oorhandiging van die titelaktes (Foto: Verskaf)

Die Stad Kaapstad het verlede week 300 titelaktes aan inwoners van Joe Slovo Park oorhandig as deel van sy Breaking New Ground-projek wat gesubsidieerde huise gee aan diegene met ʼn maandelikse inkomste van minder as R3 500.

Luidens ʼn verklaring van die Kaapstad-metroraad is die begunstigdes, wat reeds in die huise gewoon het, in ooreenstemming met die stad se toewysingsbeleid uit ʼn sogenaamde behuisingsdatabasis gekies.

Inwoners van Joe Slovo Park gaan gebuk onder werkloosheid, armoede en dwelmmisbruik. Dié titelaktes, wat die begunstigdes die regmatige eienaars van die huise maak, sal volgens die stad help om inwoners se “lewensgehalte te verbeter”.

Tydens die oorhandiging van die titelaktes (Foto: Verskaf)

Suzette Little, burgemeesterskomiteelid in Kaapstad, sê dié titelakte is baie meer as net ʼn papier vir meeste van dié inwoners; dis iets wat inwoners van die gebied se waardigheid sal herstel en hulle ʼn “gevoel van behoort” gee.

“Ek is dankbaar om dié titelaktes nou aan die begunstigdes uit te reik wat al ʼn geruime tyd lank daarvoor wag,” sê sy.

“Huiseienaarskap is die begin van ʼn nuwe verhaal vir die begunstigdes. Ek wil hulle aanmoedig om hul huise te versorg en te verseker dat die huise goed onderhou word sodat hul eiendomme in waarde kan toeneem en ʼn waardevolle bate sal wees wat hulle met trots vir hul geliefdes kan agterlaat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Alles vir mahala ·

Ek het nie ‘n probleem hiermee. Wat nou die betaling van die munisipale rekening, hoe gering ookal? My ‘kaart en transport’ word skynbaar nie erken?

Verbasend ·

Besef die regering hoeveel van hierdie huise wat dan nou sogenaamd die menswaardigheid van mense hersel, word verkoop sodra die “menswaardigheid-herstelde mense” agterkom hulle moet beginne betaal vir krag en water en sodra die nuutjie nie meer so nuut is nie, dan word die huis verkoop aan uitlanders?

Mens moenie Titelakte vir hulle GEE nie. Hou dit by die bank of by die regering of waar-ookal. Dit sal seker maak hulle HOU hul huise.

Ek is nie negatief nie. Ek het saam met mense gewerk wat my smaaklik vertel het hoe gaan hulle na “nuwe nedersettings” en plakkerkampe en gaan sit hul name op lyste vir huise en sodra hulle die huis kry, verhuur hulle dit lekker vir R500 ‘n maand huur-inkomste of verkoop dit en trek net na die volgende nuwe nedersetting/plakkerkamp toe om dieselfde daar te doen. BAIE van hulle sien die regering aankom.

Gertryda ·

Ek kan nog nie die kloutjie by die oor bring oor hoe n titelakte n mens se lewe verander?
Nou moet jy belasting betaal . Jy het nie werk nie jy het probleme met dwelms ens
Hoe verbeter die stukkie papier jou lewens standaard
Ek het geen probleem met titel aktes nie ek glo aan eienaarskap maar dit verbeter nie my lewe as ek nie werk het nie

Snowball ·

As titelaktes mense se waardigheid “herstel” behoort GRONDONTEIENING nooit as ‘n oplossing gesien te word deur hierdie regering nie. Dit wat die EverythingForFree party voorstel, nóg minder, want hulle beoog om van almal pagters op staatsgrond te maak.

Ray ·

Wel as Grondonteiening inkom soos die EFF dit wil he beteken die Totelaktes nie veel nie, aangesien hierdie grond dan in elke geval die regering s’n word

Rupert Ashford ·

As die arme mense nie inkomste het nie, gaan mense hulle kom uitbuit en daardie huise vir ‘n appel en ‘n ui by hulle kom koop.

Maggie ·

Daar is reeds prontuit gesê grondonteinening is nie op swart eienaars van toepassing nie, slegs Blankes se eiendom mag onteien word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.