Kaapstad-betogers op waarskuwing vrygelaat

Betogings het Woensdag op Jakes Gerwelrylaan naby Mitchells Plain in Kaapstad opgevlam (2 Mei 2018). Foto: ANA

Agt persone wat vandeesweek in hegtenis geneem is tydens gewelddadige betogings in Kaapstad, het in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn.

Die persone is op waarskuwing vrygelaat.

Dit volg ná ʼn week van onrus tussen inwoners van Mitchells Plain en betogers van die nabygeleë Sigalo- informele nedersetting wat sleutelpaaie afgesper het oor diensleweringskwessies. Een persoon is dood toe ʼn minibustaxi deur die skare gejaag het.

Sigalo-inwoners het intussen buite die Athlone-landdroshof vergader waar 30 lede van dié gemeenskap in die hof sou verskyn in verband met die betogings. Die polisie moes van rubbekoeëls en traangas gebruik maak om die skare te verjaag.

ʼn Vulstasie, kitsbank en ʼn winkel is Woensdag tydens die betogings aan die brand gesteek.

Stad Kaapstad het bevestig die situasie is intussen kalm en polisiebeamptes monitor die gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Liberales wen ·

Dis die plan van die liberales se meesters. Hulle wil hê die wereld moet in chaos gedompel word. Hierdie betogers doen net hulle werk.

Stout ·

Soute kabouters!! Moenie dit (gou) weer doen nie!! Nou hoop ek net dat ‘kabouter’ my nie in die tronk sal laat beland . . .

Johann ·

Julle was baie stout gewees hoor. Julle mag dit nooit weer doen nie hoor! Askuus askuus askuus… die oom is baie jammer day ek so lelik met julle gepraat het. IM BAD! Hiers trauma behandeling, en KFC en elkeen n huis en n paar. rand elke maand. ONS IS BAIE JAMMER dat ons julle beskuldig het… SIRKUS LAND SA

John ·

‘n Kitsbank, winkel en vulstasie word gebrand om probleme rondom munisipale dienslewering op te los… en… en… ? Hierdie plekke lewer dienste… so hoekom hulle teiken? Wat was die waarskuwing? Gaan sien dadelik ‘n oogkundige want julle het die verkeerde plekke geteiken… of gaan vee ‘n slag voor jul eie deure en agter dit en gooi dit in swartsakke en nie langs die strate nie… en… waar is julle kinders?

Anoniem ·

“Petty crime”? Hierdie mense gebruik protesaksies as dekmantel om te oefen. Terrorisme is nie “petty crime” nie.

marous ·

Direkte opdrag vanaf die regering aan die hof …..verseker

snoefie ·

die bendes in die tronke word mos aangemoedig. maakalles glo net soveel makliker vir die bewaarders. net jammer hulle leiers se idees oor bendes en ou trompie sn verskil radikaal. gee hulle leiers boks handskoene. laat hulle sake op leiersvlak besleg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.