Kaapstad-brandbestryders vereer; brand woed voort

Inwoners van Houtbaai het 'n groot "dankie" op die strand geskryf vir die brandbestryders Foto: Youri Luyten, Facebook

Inwoners van Houtbaai het ‘n groot “dankie” op die strand geskryf vir die brandbestryders Foto: Youri Luyten, Facebook

Talle persone, waaronder pres. Jacob Zuma, het Dinsdag hul dank en lof uitgespreek vir die brandbestryders wat steeds dapper ʼn groot brand in Kaapstad bestry.

ʼn Groep inwoners van Houtbaai het ook ʼn groot “dankie” op die strand gaan skryf sodat die brandbestryders dit uit die helikopters kan raaksien.

“Ons vereer die dapperheid en professionaliteit van al ons brandbestryders wat werk om hierdie verwoestende vuur onder beheer te bring,” het Zuma in ʼn verklaring gesê. “Hulle red lewens en verhoed skade aan eiendom en ons kosbare natuurlike omgewing terwyl hulle self in lewensgevaar is.”

Kaapstad se rampbestuureenheid het Dinsdag gesê die brandbestryders is tans besig aan die Houtbaai-kant van Chapmanspiek, Tokai-woud en Noordhoek. Woordvoerder Charlotte Powell het gesê die spanne het deurnag gewerk.

Volgens Volunteer Wildfire Services is Ou Kaapseweg oop, alhoewel daar swak sig is weens die rook. Boyesrylaan en Chapmanspiekrylaan is gesluit vir verkeer. Die hoofpad in Vishoek is oop. Motoriste kan ook erge vertragings in Muizenberg verwag. VWS versoek motoriste om deur middel van radiouitsendings op hoogte te bly van verkeersberigte.

Intussen het die organiseerders van die Cape Town Cycle Tour (beter bekend as die Argus-fietsrytoer) gesê hulle sal Woensdag ʼn finale besluit maak oor die roete van dié fietsrywedren wat Sondag plaasvind. Hulle het glo alternatiewe roetes wat gebruik kan word. Klik hier om meer te lees.

Alle besonderhede en spesifieke behoeftes vir die brandbestryders is hier en hier beskikbaar. VWS het versoek dat die publiek met die beheersentrum in verbinding sal tree om te hoor wat presies benodig word om verligting te bied aan die brandbestryders. Skakel  021 689 7438 om met die beheersentrum in verbinding te tree.

Die brand het Sondagoggend omstreeks 02:00 in Muizenberg net bo Boyesrylaan uitgebreek.

Een brandbestryder is in die hospitaal opgeneem vir brandwonde, altesaam 52 bejaarde inwoners van Noordhoek moes vir rookinaseming behandel word en vyf huise is in Silvermineweg in Noordhoek verwoes. Tintswalo Lodge naby Chapmanspiek is ook beskadig.

Lees alle vorige berigte oor die bergbrand op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kerrie ·

Hoeveel brand-bestrydings helikopters kan gekoop word met Nkandla se opknappings geldjies…sit n deel van dit weg en gooi brandstof vir die helikopters in met die rente..die land brand en Zuma eet kreef in Dubai…eish!.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.