Vyf persone is Sondagoggend in drie afsonderlike brande in die Kaapse skiereiland oorlede, het die stad Kaapstad se brandweer gesê.
“Die stad se brand- en reddingsdiens is Sondagoggend net voor 03:00 na ʼn brand by die Salamanderweg-informele nedersetting in Houtbaai ontbied,” het woordvoerder Theo Layne gesê. “ʼn Man, ʼn vrou en twee kinders is dood in die brand wat 30 plakkershuise in die informele nedersetting verwoes het.” Ongeveer 120 mense is haweloos gelaat. Die polisie stel ondersoek in na die oorsaak van die brand.
Nog ʼn man is ongeveer ʼn uur later oorlede toe sy plakkershuis in Solomonstraat in Mfuleni afgebrand het.
Altesaam 25 mense is ook Sondagoggend haweloos gelaat ná sewe plakkershuise tydens ʼn brand by die Village Heights-informele nedersetting in Lavender Hill afgebrand het.
Vir eeue het ons kerse en lampe gebruik en nooit is daar so baie brande veroorsaak nie!!! Wat gaan nou aan?