Kaapstad-burgemeester De Lille bedank

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad (Foto: Chantall Presence/ANA)

Die beleërde burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, het Sondag bedank en die Demokratiese Alliansie het alle aanklagte teen haar teruggetrek.

De Lille se bedanking tree van einde Oktober in werking.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê die party en De Lille het ʼn “gesamentlike ooreenkoms” bereik.

“Dit was ʼn lang en moeilike pad. Die saak het reeds vir te lank gesloer en het die energie en aandag van albei partye afgetrek van ons kern werk, en ons vra om verskoning daarvoor,” het Maimane in ʼn verklaring gesê.

“Ons wou graag saam ʼn ooreenkoms bereik en ons het dit nou gedoen. Ek is vol vertroue dat hierdie besluit in die beste belang is vir die mense van Kaapstad.”

Maimane het gesê die aanstelling van ʼn nuwe burgemeester sal dadelik begin.

“Alle interne dissiplinêre aanklagte teen Patricia de Lille is teruggetrek. Enige ander ondersoeke deur die Stad word nie deur hierdie ooreenkoms geraak nie.”

Hy het gesê die DA erken dat die burgemeester die DA-regering in die Stad Kaapstad sedert 2011 grootliks met lof gelei het. “Die span wat sy gelei het, het vier keer skoon oudits gekry en dit het daartoe bygedra dat Stad Kaapstad sy vooraanstaande posisie as leidende metro in Suid-Afrika kon behaal. Sy was nagenoeg ʼn dekade lank ʼn kollega, vriendin en lojale lid van die DA. Ons is dankbaar dat hierdie ooreenkoms die weg baan dat sy as ʼn lid van die DA kan aanbly.”

Lees alle vorige berigte oor Patricia de Lille op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Pieter ·

Vra eerder, hoekom moet sy bedank as sy onskuldig is? Kan sy sonder verhoor (ook deur Maroela lesers) skuldig bevind/geag word? Ek ken haar nie, en woon nie eens in Kaapstad nie, maar tot dusver was alle aanklagte deurspek met inuendo, sonder feitelike bewyse. Indien sodanige bewyse bestaan, moes sy lankal krimineel aangekla gewees het.
Ek vind dit ook ironies dat die DA tydens die Zuma stemmery passievol was oor die geheime stemming, maar tydens De Lille se wantroue debat ‘n 180 grade ommekeer gemaak het en geweier het om ‘n geheime stem te hou!
Die hele episode is ‘n klad teen die DA.

Cherokee ·

Ek het die onskuldige deel mis gelees. Sê bietjie waar jy dit gelees het.

Karolis ·

Spaar al die moeite en kies solank ‘n anc burgermeester want die da is op pad uit na al die mannewales.

GR ·

DA is kapoet,eintlik ander woord,Musi het die DA opge…..hy was bang vir die ystervrou

Koos ·

Presies. Geld wat stom is maak reg wat krom is. Iets in die trant van “ons gaan mekaar nie verder seer(der) maak nie, reg”?

Justice ·

Paul en Koos – julle is ongetwyfeld 100% in die kol. Beslis `n multimiljoen rand ooreenkoms en `n “restraint of trade” tot na die verkiesing.

Ella ·

As sy skade gemaak het werk hulle lekker sag met haar. Hoekom nog meer as 2 maande vasbyt?
As julle nie nou begin regkom gaan julle af chop in 2019.

Jaco ·

wat het sy nou eintlik verkeerd gedoen? glo bietjie bedrog gepleeg. dis nie die grootste sonde nie. dis omtrent in nasionale tydverdryf van meeste politici. Ek weet regtig nie waarom sy ooreengekom het om te bedank nie.
Met die reusagtige salarisse wat ALLE verkose munisipale raadslede (R500 000 per jaar)en parlementslede (R1.3 miljoen per jaar) kry, en daarby nog luukse motors, lekker huise, verniet vlieg, vet petroltoelae en vet onthaaltoelae, is hulle dadelik ryk mense en weet hulle NIKS van hoe ons gewone mense swaarkry nie.
Alhoewel al daardie vergoeding alles amptelik is en dus tegnies nie as korrupsie tel nie, is dit SO baie en hulle is ook tog te bly as dit verhoog word. Die petrol- en onthaaltoelaes maak dat hulle bitter min self op kos en petrol uitgee. Meeste van hulle salarisse word dus gespaar – lekker neseier vir die skep van ‘n mini-Nkandla vir elkeen van hulle.
Hierdie kritiek van my is gemik op ALLE verkose raads- en parlementslede, INSLUITEND die DA, VF-Plus, IVP, ACDP.

Cherokee ·

Niks het jou verhoed om ‘n politieke rigting te volg nie.

Koos ·

Ek het nie veel ooghare vir raadslede nie maar R500k per jaar? Waar is jou bewyse of bron daarvoor? R500 000 alleen sal niemand ryk maak nie.

Adam ·

Koos, in November 2016 was die burgemeester van Kaapstad se salaris R1,24m en die van haar adjunk en die speaker R1m per jaar. Gewone Raadslede se salarisse is toe verhoog na R540031pj. Die burgemeester asook die ander 2 senior poste het geen verhoging ontvang nie. Die is amptelike syfers. LW. Dit is nou reeds ongeveer 20 maande later en die salarisse is waarskynlik ten minste een keer opwaarts aangepas.

KP ·

Ek stem saam Jaco maar my gewete het my verhoed wat baie mense deesdae nie het nie.

Johanna Botha ·

Ek dink sy gaan nou n ander party nader en by hulle aansluit …mens gaan mos waar die geldtjie is of hoe ;(

Andre ·

Gaan beslis ANC-toe hardloop….ek is bereid om daarop te wed.

Houding ·

Tyd vir kom en gaan maar geld praat altyd.
Net jammer daar is maniertjies
dws hul hoor en sien maar dis umm …umm…..
Dan die agteraf rugsteek/ praatery wat ALTYD persoon se eie ondergang bewerk ou WC siekte.

Koos ·

De Lille stap sekerlik nie met leë hande weg nie. Sy was immers die een wat aangedring het op ‘n dissiplinêre verhoor in die openbaar. Die DA het besef watse wasgoed sy sou was en toe maar teruggekrabbel. Baie swak hantering deur hulle. Sy stap weg met haar kop omhoog en ons sal nou nooit weet wat alles gebeur het nie. Wys mens wat die DA van deursigtigheid dink…

1+1 ·

Hierdie gebeure is fyn georkestreerde toneelspel deur partye betrokke. Naam van die toneel: “Om te gaan as dit jou tyd is.”

Karolis ·

Wag vir die boek. Alles sal daarin uitkom.
Mnr. Pauw, ons wag!

Leon ·

Aaaaaaaaaaag dankie tog, die einde van die komedie van die DA. Wonder wat het hulle volgende op die spyskaart :-)

Elize ·

Nou verstaan ek hoekom die DA die laaste tyd so knaend is met geldbedel op die sosiale netwerke. Hulle moet vir Patricia betaal en het ons geld nodig om dit te doen. Hulle kan maar van hul eie salarisse inboet want by my het hulle en sal hulle nooit ‘n sent kry nie. Dit is nou die legendariese luisslang “lek jou eers nat dan sluk hy jou in”. Gladde bekke wat hulle self glo met al die leuens wat vertel word. Sterkte vir julle spulletjie vorentoe want die afdraende is baie baie skuins en die skoene het geen vastrap plek nie. Julle gaan gly en is besig om vinnig in die slaggat van die ANC in te val.

Francois Le Cochon ·

Ek dink ons moet terugbeweeg na die apartheids era, waar die Stadsklerk die hoogste posissie in in ‘n munisipalitied was, en die Burgemeester en Raadslede gekies was deur die belastingbetalers, en geen vergoeding ontvang het nie. (slegs vir raadsittings). O’ja, en slegs diegene wat eiendom besit het, en belasting betaal het, mog gestem het. Wittes wat nie eiendom besit het nie, kon nie in munisipale verkiesings stem nie.

TP ·

Ek het nie die storie gevolg nie, en weet nie waaroor die onmin gaan nie. Kan iemand dalk vir my ‘n twee-sin opsomming gee asb?

Nettie ·

Die DA het vir sy eie alie ‘n lat gesny. Dié antie glimlag nie verniet so skalks nie. Ek het vanoggend se nuus-dekking oor die saak gekyk en gesien hoe sy skalks glimlag met een of meer persone in die ‘crowd’. Sy beplan iets ……………. Sal my niks verbaas as sy oorloop EFF toe nie. Onthou “one bullet, one boer”???????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.