Kaapstad-damme net meer as half vol

Theewaterskloofdam (Foto: Henk Kruger/African News Agency/ANA)

Kaapstad se damvlakke het die afgelope week met 0,7% gedaal tot 51,3%, het plaaslike owerhede Maandag gesê.

Stad Kaapstad het gesê waterverbruik het ook verlede week tot ʼn gemiddeld van 610 miljoen liter water per dag toegeneem. Dit is steeds binne die beperking van 650 miljoen liter water per dag, soos bepaal deur die plaaslike regering ná die streek die ergste droogte in menslike heugenis oorleef het.

“Alhoewel die verbruik toegeneem het, vaar inwoners goed om binne die teiken van 650 miljoen liter water per dag te hou. Dit help om die stad se damme te herstel en ʼn goeie basis te bou vir ʼn watersensitiewe stad.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

saartie ·

Baie goeie nuus in n land waar negatiwiteit die botoon voer ek hoop die damme raak propvol hierdie winter

Gemaskerde Sopbeen ·

As die verdomde kolonialiste net die damme die helfte kleiner gebou het, was hulle nou VOL!!! hahahahaha………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.