Kaapstad-damvlakke bly laag

Victoria- en Alexander-damme bo-op Tafelberg Foto: Carel Kriel (via Volunteer Wildfire Services, Facebook)

Victoria- en Alexander-damme bo-op Tafelberg Foto: Carel Kriel (via Volunteer Wildfire Services, Facebook)

Watervlakke van damme in Kaapstad is steeds laer as die gemiddelde vlakke vir dié tyd van die jaar.

Kaapstad val binne ʼn winterreënvalstreek, maar die stad het, weens lae reënval in 2015, nie die agterstand ingehaal nie.

“Dis belangrik om te onthou dat die tyd om water te bespaar, die tyd is wanneer daar water beskikbaar is,” het die stad gesê. “Ons kan dus nooit gerus wees oor ons waterbesparing nie. Kaapstad sal nooit in ʼn posisie wees waar ons voldoende water het om te mors nie, en ons moet waaksaam bly.”

Die stad pas steeds streng waterbeperkings toe.

Die stad probeer op ʼn weeklikse basis berig oor die watervlak van die damme, maar weens die logistiek hierby betrokke, is daar soms ʼn vertraging om die inligting te bekom.

Kaapstad word deur 14 damme van water voorsien met ʼn gesamentlike kapasiteit van ongeveer 900 000 MI (900 000 000 000 liter). Die grootste kapasiteit word verskaf deur vyf groot damme: Theewaterskloof, Voëlvlei, Bergrivier, Wemmershoek en die Bo-Steenbras en Laer Steenbras. Die oorblywende damme dra slegs 0.4% by tot die kapasiteit.

Vlakke van Kaapstad-damme op 9 Mei 2016

Vlakke van Kaapstad-damme op 9 Mei 2016

Grafika: capetown.gov.za

Grafika: capetown.gov.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Ek dink nie die mense in beheer is regtig so ernstig soos hulle vir almal wil vertel nie. Ek het sopas eersterangste kennis daarvan gehad. My buurman het ‘n stukkende waterpyp voor sy huis gehad en het vir ‘n volle week elke dag ‘n paar keer gebel en sy ontevredenheid uitgespreek omdat niemand die pyp kom herstel nie. Dit was eers gister toe hy die Burgemeester se telefoonnommer geskakel het dat daar aandag aan gegee is. Vir ‘n week lank het die water weggeloop terwyl die beamptes behoort te weet wat die toestand van die damvlakke is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.