Damvlakke in Kaapstad het die afgelope week effens gedaal ná warm en winderige weerstoestande.
“Damvlakke het die afgelope week met 0.4% gedaal tot 75.6%,” het die Stad Kaapstad in ʼn verklaring gesê.
Inwoners het hul algehele verbruik van 563 miljoen liter water per dag tot 556 miljoen liter per dag verminder. Die Stad het aangedui die beperking van 500 miljoen liter water per dag bly van krag. Die nasionale departement van water en sanitasie het nog nie ʼn wysiging aan die waterbeperkings aangekondig nie.
Vlak 5-waterbeperkings, wat verbruikers tot 70 liter water per persoon per dag beperk, is steeds van krag.
Dit sal mos daal, het hulle nou gedink dit gaan so bly?
Natuurlik gaan dit daal duh
Ja dit sal vinnig daal….daar is te veel buitelanders ook nog wat druk op hulpbronne sit, maar nou ja almal is welkom, pull in cousins……
Die aanwas van mense beinvloed mos natuurlik die waterverbruik.Die staat en sy oorbetaalde mense wat vir hom werk..is met hul broeke op hul kniee gevang.Daar moes baie jare gelede al planne in plek gewees het vir hierdie soort van drama.Dis maar my opinie
En so sal Kaapstad munisipaliteit weereens hulle sakke vul met ons geld. Ons kom die beperking na, dus moet hulle nie eers karing aan ons nie. Kan Maroela media asseblief ‘n artikel doen oor die plakkers wat weerskante van die N1 “huis op sit” By die oprit van Karel Bremer is al ‘n klein dorpie van sy eie. Vanaf Plattekloof weg wat in die N1 draai is ‘n daar orals plekke waar hulle bly en dit is baie vuil daar. Wasgoed hang te lekker oor die bome en veiligheidsheunings. FW de Klerk weg in die stad uit word geplak, soook in middel van die inkommede en uitgaande van die weg. Het daaroor gekla en toe word ek gevra vir die adresse van die plakkers. MMMMMM