Vir die eerste keer sedert 2016 staan Kaapstad se gesamentlike damvlakke op meer as 60%.
Die stad se uitvoerende adjunkburgemeester, Ian Neilson, het in ʼn verklaring die inwoners bedank dat hulle steeds so min as moontlik water gebruik. “Dit help om ʼn buffer te bou vir die komende somermaande.”
Hy het gesê die effek van die droogte sal nie oornag verdwyn nie. “Dankie aan alle watergebruikers vir die moeite en opofferings wat gemaak is.”
Neilson het gesê dit sal lank duur voor die damme herstel, veral weens min reën in Julie en Augustus. “Ons moet seker maak dat ons die water bewaar wat ons het vir die komende somermaande. Ons is dankbaar vir die afgelope naweek se reën. Die reënval vir Julie en Augustus bly egter drasties laer as die langtermyn gemiddeld.”
Waterbeperkings en die gepaardgaande tariewe het ook gehelp om water te bespaar, aldus Neilson. “Die nasionale departement van water en sanitasie sal binnekort weer met belanghebbendes vergader om die winterreënvalsituasie te bespreek. Gegewe die lae reënval, sal die nasionale regering waarskynlik volstaan met ʼn konserwatiewe assessering en die huidige waterbeperkings en gepaardgaande tariewe sal waarskynlik ingestel bly.”
Damvlakke het die afgelope week met 1.3% gestyg tot 60.1%. Die gemiddelde watergebruik het die afgelope week van 519 miljoen liter water per dag tot 527 miljoen liter water per dag gestyg.
Dis wonderlike nuus. Soveel mense het gebid vir reen, en ons se steeds dankie
Hoop daar is n Dankie~se Biddag van Oom Angus af.
Oom Angus het gebid en geglo en julle het hom uitgelag!!!! Dus moet julle dankie se en oom Angus om verskoning vra. Die vermetelheid van jou om hom nou aan te se om dankie te se!!!! Ek glo hy het dit lankal gedoen toe die reen begin het.
KAAPSTAD!!!! Wat van ‘n biddag om alle eer aan God to gee? Julle was’ n rampgebied. Dit is die regte ding om te doen. Sjoe mense….
…En toe kom die DA en demp al die entoesiasme deurdat hulle die water tarief hoog te hou nadat alle betalers van water saamgewerk het om water te spaar. En toe is dit nog nie genoeg nie en skop ons betalende Kapenaars in die tande en hef nog n ekstra maandelikse fooi van R 100 by ons waterrekening. Ek begin nou rerig dink die DA is nou moeg om te regeer.
Dit gaan nie meer oor spaar nie ons kan bloot nie meer die water bekostig nie. In die Kaap is water net beskore vir die rykes en die wat alles verniet kry, die middel klas moet maar suffer. Ek sal enige iemand wat Kaap toe wil verhuis afraai jy gaan regtig aftjop met die water en krag heffings
Ai die berekeninge met 1000De kubieke meter sand wat uit bodem gewaai is van Theewaterskloof van daardie sand is eers kilometers daarvandaan gedeponeer.Doen maar berekeninge oor slimmes.
Ek hoop van harte dat die Stad Kaapstad nog steeds voortgaan met die ontginning van alternatiewe waterbronne, of het hulle dit gestaak omdat die damvlakke gestyg het? Dit sal baie onverantwoordelik wees.
Eer kom geen mens toe nie, dis saam gebedes en Vader hoor as Sy kinders saambid..
Hy ken die opregtheid vanelke hart en saamstaan as eenheid…