Kaapstad-droogtekrisis: Verbruik uiteindelik laer as teiken

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Damvlakke het tot 24,1% gedaal, dit is 1% laer as ʼn week gelede. Met die laaste 10% van ʼn dam se water wat grootliks nie bruikbaar is nie, beteken dit dat die damvlakke tans op 14,1% staan.

Verbruik was die afgelope week 685 miljoen liter water per dag, dit is 15 miljoen liter minder as die kollektiewe verbruikersteiken van 700 miljoen liter water per dag.

“Dit is bemoedigend om te sien dat die kollektiewe waterverbruik nou vir die eerste keer laer is as die teiken sedert waterbeperkings ingestel is, maar dié goeie nuus kom saam met die waarskuwing dat water steeds bespaar moet word.

“Ons bedank die verbruikers wat steeds bly water bespaar, maar die risiko bestaan dat verbruikers dalk sal besluit om meer water te gebruik, nadat ons klein bietjie reën gehad het,” het Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid van die Stad Kaapstad gesê.

“Ons kan dit nie genoeg benadruk hoe belangrik dit is dat ons nie ons waterbesparingspogings oor die volgende jaar moet verslap nie. Een winter se gemiddelde reënval sal ons nie uit die moeilikheid kry nie. Ons verwag boonop weer hierdie week warm weer en dit sal ʼn impak op watergebruik hê. Ons kan dit regtig nie in hierdie stadium bekostig dat ons watergebruik toeneem nie.”

Limberg het gesê die verbruikersteiken sal binnekort na 600 miljoen liter water per dag aangepas word, om die erns van die situasie aan die inwoners oor te dra.

“Kaapstad is in ʼn waterskaarsstreek geleë en klimaatsverandering vererger die situasie. Die stad bespoedig steeds sy noodwaterskemas kragtens die rampverklaring en plaas druk op programme om watervloei en watervliese deur lekkasies te verminder.”

Inwoners kan ʼn e-pos stuur aan [email protected] vir enige navrae of om oortredings van die waterbeperkings aan te stuur (heg bewyse aan om die wetstoepassing te vergemaklik) of stuur ʼn SMS aan 31373.

Besoek die stad se waterbeperkingsbladsy vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ansie Pieterse ·

Ek het vanmôre toevallig na ń radio onderhoud met ń jong Afrikaanse sanger geluister. Kan nie die 27jarige jong man se naam onthou nie. Het wel gehoor dat hy Juanita du Plessis se seun is. Wat ń plesier was dit nie om sulke suiwer Afrikaans uit ń jong sanger se mond te hoor nie.

Sarie ·

snaaks dat ons gister in die ou Paarlpad afgery het van Kraaifontein se kant, in die rigting van Klapmuts. In Bloekombos by die kruising het ek 5 informele karwasbesighede getel. dis nou tuinslange uit erwe wat spuit sonder ophou om motors teen die pad te was. wie die water betaal kan ek nie sê nie. Ek het n foto geneem en aan Stad Kaapstad gestuur. dalk het hulle raad.

Anita ·

By Wallacedene in Kraaifontein is dit dieselfde storie die water stroom in die straat af maar daar word niks aangedoen nie. Dit is al n paar keer deur mense gerapporteer maar Stad Kaapstad doen niks daaraan nie. Sarie ek hoop Stad Kaapstad sal op jou bewyse reageer.

Michael ·

Watertekorte maar hulle oorweeg om ‘n standbeeld van Mandela op te rig…rêrig?

SARIE VAN HEERDEN ·

Kaapstad het minder water gebruik tenspyte van brande wat gedurig daar woed en doodgespuit moet word met WATER. Hoe kon hul dit vermag? Of het hul die lekkende krane met plasse water op die grond in die townshiips kon regmaak? Ons sien daardie vermorsing van water dikwels op televisie en glo nou die stadsvaders/moeders moes dit ook raakgesien het. Mooi so. Veels geluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.