Kaapstad-egpaar vas oor dwelms

Die dwelms waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

Die dwelms waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD

ʼn Man en sy vrou is Vrydagoggend in Kaapstad in hegtenis in verband met dwelmhandel en die onwettige besit van ammunisie.

Konst. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die 33-jarige man en sy 40-jarige vrou is omstreeks 05:00 in Heideveld in hegtenis geneem, nadat die polisie op ʼn wenk reageer het.

Die polisie het beslag gelê op 590 Mandrax-tablette, ammunisie en R5 680 kontant.

Die egpaar moet binnekort in die Athlone-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.