Taste Holdings het bekend gemaak dat daar beplan word om vanjaar tussen agt en tien nuwe Starbucks-winkels in Suid-Afrika te open, insluitend in Kaapstad en Durban. Die nuwe takke sal onder meer deurry-winkels insluit, sowel as ’n koffiewinkel binne ’n maatskappy se kantore.
Daar is reeds vier Starbucks-takke in Suid-Afrika, almal in Gauteng. Daar is winkels in Rosebank, Mall of Africa, Menlyn Maine en Menlyn Park.
Carlo Gonzaga, uitvoerende hoof van Taste, het gesê Taste se kerninkomste het in die boekjaar tot einde Februarie met 7% verbeter tot R1,08 miljard, hoewel hulle ’n toeskryfbare verlies van R100 miljoen gely het.
Taste mik intussen ook om Domino’s Pizza tot 120 takke landswyd uit te brei.
Shamepies!! ‘n hele honderd miljoen rand verlies..nou is hulle seker baie arm ;{
Hier is nie water in Kaapstad vir Starbucks nie.
Starbucks is verslawend, dis regtig lekker koffie. Het sommer 3 pakke van Amerika saam gebring. Moenie oordeel as jy nog nie geproe het nie. Kan Bloemfontein asb ook ‘n starbucks kry?
Nou praat jy! Maar Bfn is te dood.. Mimosa het klaar 4 koffie winkels in, en Loch Logan struit net voort met hulle ou gardes.. Miskien daar in Lhp is daar ‘n gaatjie vir 1?…
Ek was baie bly oor ‘n Starbucks in Beijing, China, want oordentlike koffie was ‘n moet. Die Chinese drink mos groen tee van die oggend tot die aand. Geniet julle Starbucks Kaap en Durban.
wat dan van rommelstatus? General Motors gaan weg oor rommelstatus, maar Starbucks kom in. Ek verstaan nie hoe dit werk nie.
Bromponie – Langenhovenpark kan gerus een kry, ek sal verseker nie kla nie. Ja nee die malls is baie treurig in Bloemfontein, ek gaan nie na een van die koffie winkels toe nie. Kan vir my filter koffie by die huis maak.
10 jaar oorsee in land gebly met Starbucks en kie.
Starbucks verkoop “sweets”, nie koffie nie. Hulle gewone koffie smaak below par, maar spice dit op met soet room en caramel sous en ….. waalaa.
n Bar Sjokolade kos goedkoper vir soet tande… defnitief nie vir my!
Nee dankie, ek boikot daai liberale handelsmerk. Gaan kyk bietjie hoe hulle allerhande politieke en liberale agendas gestoot het op hulle produkte in Amerika. Dink julle hulle gaan nie dieselfde streke hier trek nie?
Nee wat, ek drink maar eerder my boeretroos.