Kaapstad: Fase 1 van water-rampbestuurplan in werking

Kaapstad (argieffoto) Foto: HPBotha, Pixabay

Inwoners in Kaapstad word gewaarsku dat waterrantsoenering tot onderbrekings in watertoevoer kan lei, weens die erns van die vlak van die beskikbare water.

Watertoevoer sal waarskynlik onderbreek word in spitstye in die oggend (tussen 05:00 en 09:00) en in die aande (tussen 17:00 en 21:00) indien die verbruik hoër is as die vereiste vlakke, het die Stad Kaapstad in ʼn verklaring gesê. “Die Stad sal voldoende watertoevoer beskikbaar maak, maar as die verbruik te hoog is, sal diegene in hoogliggende gebiede onderbrekings ervaar. Die Stad doen ʼn beroep op diegene in laagliggende gebiede om hul waterverbruik te verminder.”

Die dienste sal herstel word sodra die verbruik verminder word binne die beperkings van vlak 5-waterbeperkings. “Indien ʼn gebied meer as die daaglikse beperking gebruik, sal rantsoenering deur middel van waterdrukbestuur toegepas word totdat die perk bereik word. Dit is dus moeilik om te sê presies hoe lank die onderbrekings sal duur, aangesien dit van die gedrag van die verbruikers afhang.”

Waterrantsoenering werk nie soos beurtkrag (elektrisiteit) nie. Tydens beurtkrag word bepaalde gebiede vir ʼn twee uur periode afgeskakel. Tydens waterdrukbestuur is water steeds beskikbaar, maar weens swak waterdruk kan persone in hoogliggende dele of in geboue, met meer as een verdieping, onderbrekings ervaar.

Die stad is ook reeds besig met noodskemas en na verwagting sal tussen 130 en 240 miljoen liter water per dag tussen Desember 2017 en Mei 2018 beskikbaar gemaak word deur middel van ontsoutingsaanlegte, hergebruik van water en grondwateronttrekking.

“Die vermindering van waterverbruik is egter steeds ononderhandelbaar, ongeag van die verskillende planne wat ingestel sal word. Ons versoek alle waterverbruikers om ons te ondersteun sodat ons deur hierdie droogte kan kom,” het Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid van informele nedersettings, water en afvaldienste, gesê.

Damvlakke staan tans op 38,5%, met bruikbare vlakke van 28,5%. Die beperking van verbruik is tans 585 miljoen liter water per dag.

Wat inwoners moet doen

  • Hou tussen 5 en 10 liter drinkwater beskikbaar (gemiddeld van vier persone per huishouding)
  • Hou bykomende water beskikbaar vir troeteldiere
  • Oorweeg jou waterverbruik tydens spitstye; moenie langer as ʼn minuut stort nie; stort voor 06:00 in die oggend of ná 21:00 in die aand
  • Hou kennisgewings dop oor waterdrukbestuur by CTAlerts en die Stad Kaapstad se webwerf
  • Wanneer jy ʼn gebrek aan watertoevoer ervaar, en voor jy die Stad se kontaksentrum skakel, maak eers seker of jou buurman ook ʼn onderbreking in watertoevoer beleef as gevolg van rantsoenering
  • Maak seker dat alle krane toegedraai is wanneer dit nie in gebruik is nie, om skade en oorstromings te voorkom wanneer die waterdruk herstel word
  • Wanneer die watertoevoer herstel word, kan die water melkerig lyk weens die erge waterdrukvermindering. Moenie die aanvanklike water mors nie – stoor dit en gebruik dit om die toilet mee te spoel.
  • Stoor noodwater in ʼn koel, donker plek – weg van lig en stof
  • Bottels moet geseël bly om besoedeling te voorkom
  • Maak seker waterbottels word duidelik as “drinkwater” gemerk, in teenstelling met water wat nie gedrink mag word nie
  • Hou water, wat nie gepas is vir drinkwater nie, om toilette mee te spoel (veral in verdiepinggeboue, aangesien die hoër vlakke moontlik tydens die waterdruksiklusse nie water sal hê nie
  • Gebruik minder toiletpapier, aangesien dit minder water sal benodig om te spoel en verstoppings sal voorkom. Spoel slegs die toilet wanneer nodig en maak die deksel van die toilet toe wanneer urine nie gespoel word nie. Gebruik behoorlike ontsmettingsmiddels en gesigmaskers en handskoene waar nodig
  • Gebruik eerder enkellaagtoiletpapier om verstoppings te voorkom
  • Gebruik eerder waterlose handsaniteerders waar moontlik
  • Maak seker dat alle brandblussers in ʼn werkende toestand is

Wat inwoners nie moet doen nie

  • Moenie oormatige munisipale water stoor nie
  • Moenie ʼn enkele druppel water mors nie
  • Waar water, wat nie gedrink kan word nie, gestoor word vir toilette, moet dit nie vir langer as ʼn paar dae gestoor word nie
  • Moenie om die bos gelei word deur persone wat aanvoer hulle is van Stad Kaapstad om waterdoeltreffende toestelle in huise te installeer nie – hulle wil slegs toegang bekom tot jou eiendom
  • Moenie vir langer as ʼn minuut stort nie
  • Moenie alternatiewe waterbronne vir enige gebruike buite die huis aanwend nie, as gevolg van die erge droogte. Gebruik dit slegs binnenshuis om toilette mee te spoel

Vir meer inligting, besoek die Stad Kaapstad se webwerf en sien verdere inligting oor waterbeperkings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

pieterdp ·

Die water probleem is al jare aan die gang en nog steeds het die ANC minister van waterwese niks gedoen nie.
Nou probeer die ANC mint uit die vir knorsing slaan soos altyd. Almal se skind nie die ANC nie. Maat die bedrog en omkoop tap soos stroop van hul lipe af.

Frikkie Geld en huis ·

Tot op hede het die DA ook nog niks aan die probleem gedoen nie, behalwe om die inwoners te leer stort.
Me Zille het al lank terug gesê dat die Oos-Kaap besig is om na die Wes-Kaap te immigreer. Hul moes dan tog seker die watertekort kon voorspel het!! Niks gedoen nie, en nou maak De Lille dit die inwoners en fabrieke se probleem.

Linda ·

Gee inwoners idees hoe om Grey water te recycle.. Bad/stort water, skottelhoed water asook wasgoed water kan hebruik word …

Vaaldam ·

Ek hier teen die wal van die Vaaldam het gesien hoe die dam tot oorlopens toe vol raak in ‘n ommesientjie van 25% tot 105%. Mag dieselfde genade julle tref daar in die Kaap.

LBS ·

BAIE dankie, Vaaldam. Mens het positiewe raad en wense nodig in hierdie tyd. Nie om te kyk wie die slegste is van die ANC of die DA nie.

Juffie ·

Wonder nou net watter raad is daar vir die magdom muskiete wat nou uitbreek weens staande swembadwater?

LBS ·

Ja, ons swembad hier by die aftree oord lyk asof hy heeltemal ge”revamp” sal moet word na diè droogte.

paul visser ·

Pateties Kaapstad Pateties, Die A.N.C. sou die krises beswaarlik swakker kon hanteer.

LBS ·

Ongeag bly Kaapstad nog die beste provinsie, dus is die DA nog steeds die beste. Kry vir julle met al julle ander probleme, as julle dan so wil wees!

John ·

?… nie langer as ‘n minuut stort nie… ‘n nuwe een vir groot pret? Moet ons aftel of stortkophorlosies koop? 60, 59… 3,2… En as die seep val is 10 sek die drein af vir meer Hugo Boss. Ons ly aan erge stres ~ Skakel die gyser af… die lig agter jou… ja, jy.
Is die hek, vensters, deure gesluit? Het jy onthou om krag te koop? Dis jou beurt om water… Gooi jy sowaar alweer water by…?
Wanneer mag honde en motors gewas word? Eendag?

LBS ·

John, kom by asb, van negatiwiteit sal niks kom nie. Saamwerk is die antwoord. Los die motor, maar bad maar gou die hond as dit regtig nodig is.

TIENIE ·

hoekom moet inwooners gestraf word vir die swak en onvermoe van die regering om beplanning te doen en UIT TE VOER vir water berging. Ek hoop hulle het nou hulle les geleer
Ag maar as hulle nie eers die diens lewering kan doen nie wat is ons kanse vir water berging

LBS ·

Dienslewering in die Wes-Kaap is die beste van almal. Maar ja, ek stem, met al die water hier om ons sou mens kon dink dat hulle lankal van ontsouting werk kon maak.

patrick moens ·

why does cpt not subsedise the buying of a 5000 water tank storage, pay 1000 back through municipality accound, municipality makes a good deal with manufactuer of watertanks , and of the day it will costthe municipality nothing, regards

bgj van der westhuizen ·

as stad hulle huis werk gedoen het en geluister het kan alles voor kom gewees het maar nee daar is nie water nie maar groot bou projekte gaan voort en daar word gebou of dit uit die mode raak in kaapstad belaglik daar was 5 jaar trug al hulp aan gebiet en gese wat kom maar niks was gedoen om trent dit nie en wie moet bedannk wod vir die gemors waar in ons sit die anc en da

Wessel Viljoen ·

Die munisipaliteite kan vir die huis eienaars water tenke met die toebehore voorsien en dan kan die huis eienaars dit op eie koste instaleer op die manier sal daar baie water gespaar word.

E ·

Ek het om die waarheid te sê nie eers geweet ons HET n minister van water nie. Die man skitter omtrent in sy afwesigheid. Vanoggend vir die eerste keer sy naam op News24 raakgelees. Ek stem volkome saam met John. Die 1min stort behoort te lei tot splinternuwe pret. Ek stort reeds slegs 4 minute, ek is n vrou, en dis vir my n groot prestasie waarop ek baie moeilik sal kan verbeter. Die toilet se kraan in en-suite badkamer is lankal toe en daardie toilet word nie meer gebruik nie. Ek koop reeds water sover as wat my begroting dit toelaat – dis nie altyd maklik nie. Steeds gebruik die mense in plekke soos byv Constantia water na hartelus. En my troeteldiere ruik lankal nie meer vars nie………. Arme goedjies sal seker nooit weer mag bad nie. Miskien moet man, vrou, al die telgies asook die troeteldiere in een stort inspring. Ek is net onseker of almal sal regkry om in 1 minuuut onder die druppels te roteer! Ja, die verbruiker word gestraf. En die enigste manier wat die Wes Kaap regering al vir maaaaaande poog om te help met die waterkrisis, is om NOG meer van die verbruiker te verwag. Ek doen reeds alles in my vermoë….. Dis n hartseer storie die.

PATTY ·

Ek gee glad nie om om water te spaar nie doen dit in elkgeval al ‘n geruime tyd want ek kan nie hoë munisipale rekening bekostig nie. MAAR my groot probleem is, word ons nou gestaf sodat die vakansiegangers in Desember die gerief gaan hê om water na wille keur te gebruik. Ek weet daar is seker oral kennisgewings op en almal besef al teen hierdie tyd die krisis in die Wes Kaap, maar almal van ons weet mos ook kom jy of kinders van die see af gaan spoel jy die sand eers onder die naaste stort/kraan af. Hoeveel ekstra water gaan dan nie gebruik word nie. Het Munisipaliteite moeite gedoen om intussen watertenks by hul amblusieblokke op te sit om water te herwin vir hul toilette en buite storte krane?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.