Kaapstad-fietstoer duur voort ondanks watertekorte

Die Pick n Pay Kaapstad-fietstoer (Foto: Cape Town Cycle Tour)

Die organiseerders van die Kaapstad-fietstoer (in die verlede bekend as die Cape Argus-fietstoer) het gesê gerugte dat die wedren gekanselleer of uitgestel sal word as gevolg van die erge watertekorte in die Wes-Kaap, is nie die waarheid nie.

David Bellairs, direkteur van die Kaapstad-fietstoer, het in ʼn verklaring gesê die span het die afgelope jaar onverpoosd gewerk om seker te maak dat hierdie wedren kan plaasvind. “ʼn Omvattende plan is in plek gestel met al ons diensverskaffers om seker te maak dat ons impak op die munisipalewaterstelsel so naby as moontlik aan 0% sal wees. Ons glo dit is haalbaar en ons doen alles in ons vermoë om dit te verseker.”

Bellairs het gesê hulle sal ook alle deelnemers, wat na Kaapstad reis, versoek om die organiseerders in hul pogings by te staan om water te bespaar terwyl hulle in die stad tuisgaan. “Alle deelnemers sal kommunikasie voor die geleentheid ontvang om seker te maak dat hulle die erns van die krisis ten volle begryp en ons sal ook praktiese wenke gee hoe hulle self betrokke kan raak.”

Die organiseerders beplan verskeie strategieë en oplossings om seker te maak daar word so min as moontlik van die bestaande munisipale drinkwater gebruik. Dit sluit in:

  • die gebruik van gryswater
  • die gebruik van ontsoute water
  • fonteinwater wat van buite Kaapstad ingevoer word
  • chemiese toilette
  • geen stortgeriewe sal verskaf word nie

“Ons sal alles in ons vermoë doen om seker te maak dat ons geleentheid se waterspoor nie ʼn nadelige impak het op hierdie kosbare waterbron nie, terwyl ons steeds ʼn geleentheid van wêreldgehalte is,” het Bellairs gesê.

Die volle surplus van die fietstoer word gewoonlik geskenk aan die Rotariërklub van Claremont en die Pedal Power Association. “Die koste van die waterstrategie beteken dat die Kaapstad-fietstoer se bydrae aan liefdadigheid effens minder sal wees in 2018. Ons voel egter sterk daaroor dat die geleentheid moet voortgaan, aangesien baie van hierdie liefdadigheidsorganisasies staatmaak op hierdie inkomste vir hul eie projekte.

Volgens die Stad Kaapstad sal dag zero, teen die huidige waterverbruikkoers, op 21 April 2018 aanbreek. Dit is die dag wat die munisipaliteit meeste van die krane sal toedraai en elke inwoner daagliks in ʼn ry sal moet staan om ʼn kwota van 25 liter vir die dag te bekom.

Die Kaapstad-fietstoer vind op 11 Maart 2018 plaas met ʼn splinternuwe wegspringplek by die Parade.

Die wêreldbekende wedren is in 2017 gekanselleer as gevolg van ongure weerstoestande. Nagenoeg 35 000 fietsryers sou aan die byeenkoms deelgeneem het.

In 2015 is die roete van 109 km na 47 km verkort weens die impak van die brande aan die suide van die Skiereiland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koos ·

O so nou is ons weer welkom? Na al die gekerm oor die Desember vakansie

JoeV ·

Die gesanik oor water raak nou bietjie afgesaag, is die droogte nie nou al amper ‘n jaar so erg nie? Hoe is daar nog geen planne in plek nie? Net heffings en krane toedraai!

Christo ·

Die sentrale anc regering wou nie intree toe die da regering fondse benodig het om die krisis af te weer nie. Dir Zulus en die Xhosas wil die Kaap hê. Bottomline.

Christo ·

Indien die droogte in Pretoria was, sou die fietsryers seker anders opgetree het. Dis mos nie julle wat sonder water sit nie. As fietsry belangriker is as die inwoners van Stad Kaapstad se waternood , is julle selfsugtig. Gaan ry verdomp elders. Julle geld koop nie water nie!!!!!!!

nell ·

Waarom stel hulle nie net die fietstoer uit nie? Op hierdie stadium is dit belangriker om water te spaar. Deur mense van buite in te lig oor die waterprobleem, gaan nie verseker dat hulle die “instruksies” wat hulle oor waterbesparing gaan kry, gaan volg nie. Gaan die organiseerders sorg dat Kaapstad ekstra water kry wanneer daar niks meer in die krane is nie? Kapenaars moet ‘n klomp geld uithaal om alternatiewe waterbronne te kry, soos bv. boorgate ens. Ekstra heffings gaan ook nou nog op munisipale rekeninge gevoeg word. Ongelukkig sit die Kaap met die probleem. Hopelik raak dit binnekort beter en sal daar nie ‘n “day zero” wees nie. Dankie

Fluweeltjie ·

Ek weet net met al die dinge in plek tydens die Sewes rugby toernooi het waterverbruik letterlik verdubbel – ek het ook ‘n plakkaat gesien wat sê “Oops I forgot to turn of the tap!”. Vir my was dit gladnie snaaks nie. So die fietstoer gaan beslis ‘n inpak hê.
En dan wil ek net sê ons moet nie so “baklei” onder mekaar nie. Ons het mekaar nodig. As die een ‘n ramp of krisis in die oog staar dan moet ons mekaar help en ondersteun…..waarvoor ons SuidAfrikaners bekend is.
Ons het ALMAL nodig. Moet julle nie steur aan wat een of twee berigte sê van wie is welkom en wie nie. Die situasie is net baie erg en ons in Kaapstad “panic” so bietjie want ek weet nie hoe gaan die implementering van elke dag in rye staan vir 25l se water nie. Wat van ou mense of mense wat gestremd is en op hulle eie woon

bgj van der westhuizen ·

stel dit af vir nou ons gaan volgens inligting op inter net gaan hulle 6b besparing toe wat in werking gaan tree in febuarie waar in persoon net 50 liter perdag moet gebruik al se die mense hulle gaan geen water gebruik nie is dit nonsens al die mense moet eiwers bly en hulle moet tog bad daar is nie water in kaapstad genoeg nie maar die stad laat nog steeds dit toe en laat bou of dit uit die mode raak regtig mense beseg hier is nie water om n fiets toer hanteer nie dit is nie of mense hier wil he of nie hier is nie water nie pint

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.