Kaapstad-fietstoer: Hier is die wenners

Kimberley Le Court de Billot. Foto: ANA.

Nolan Hoffman en Kimberley le Court de Billot het Sondag onderskeidelik die mans- en vroue-afdeling in vanjaar se Kaapstad-fietstoer (in die verlede bekend as die Cape Argus-fietstoer) gewen.

Dié sege is Hoffman se derde fietstoer-titel.

Hoffman se wentyd was (nie-amptelik) 2:37:30 terwyl Le Court de Billot die wedren in 02:11:50 voltooi het.

Sam Gaze was tweede en Reynard Butler derde in die mansafdeling en Vera Adrian was tweede en Maroesjka Matthee derde in die afdeling vir vroue.

Dié wenners was deel van duisende hoopvolle fietsryers wat vroegoggend byeengekom het by die nuwe wegspringplek op die Parade.

Die wedren wat fietsryers wêreldwyd lok is verlede jaar gekanselleer weens stormsterk windtoestande. Nagenoeg 35 000 fietsryers sou aan dié byeenkoms deelgeneem het.

In 2015 is die roete van 109 km na 47 km verkort weens die impak van brande aan die suide van die Skiereiland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rupert Ashford ·

Ha-ha!!! Het nou self gewonder daaroor. Ry mans en vroue dieselfde afstand?

Landi Slatter ·

Dagsê Rupert

Dankie vir jou navraag. Vroue spring by Glencairn weg en hul wedren is dus 76 km en nie 109 km lank nie. Hoop dit klaar die verwarring op!

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Flemming ·

Is daar nie iemand wat kyk wat die kommentaar-skrywers skryf nie ?

Buitestander ·

Om fiets toere te reël in die water skaars is lawigheid.

bernard ·

daar was geen munispale water nie! water is by winkels gekoop en fietsryers het water saamgeneem van hulle huise af. dus is dit nie lawwigheid nie!!

Hannelie Wes-Kaap ·

Wow!!! Belewenis om die elite groep te sien inkom vandag. Sam Gaze het Saterdag op Stelkenbosch die UCI MTB Cross Country World Champs gewen EN hy het vandag weer gery en 2de gekom. En volgende week ry hy die Cape Epic. Wys net mountain bike riders hoef nie terug te staan vir padfietsryers. Baie geluk!!

Stephan de Klerk ·

Ek volg elke jaar die fietstoer en wat n teleurstelling toe dit nie vandag gebeeldsend was nie.Swak van Dstv en praat nie eers van Sauk nie.Gelukkig kon ek dele sien deur live streaming op You Tube.Wonder wat was die rede vir die besluit.

E. ·

of dit wys dat Saterdag se 80+ minute in die berg maar net opwarm was – ek’s seker Nolan het Saterdag verder gery… :-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.