Nolan Hoffman en Kimberley le Court de Billot het Sondag onderskeidelik die mans- en vroue-afdeling in vanjaar se Kaapstad-fietstoer (in die verlede bekend as die Cape Argus-fietstoer) gewen.
Dié sege is Hoffman se derde fietstoer-titel.
Hoffman se wentyd was (nie-amptelik) 2:37:30 terwyl Le Court de Billot die wedren in 02:11:50 voltooi het.
Sam Gaze was tweede en Reynard Butler derde in die mansafdeling en Vera Adrian was tweede en Maroesjka Matthee derde in die afdeling vir vroue.
Dié wenners was deel van duisende hoopvolle fietsryers wat vroegoggend byeengekom het by die nuwe wegspringplek op die Parade.
Die wedren wat fietsryers wêreldwyd lok is verlede jaar gekanselleer weens stormsterk windtoestande. Nagenoeg 35 000 fietsryers sou aan dié byeenkoms deelgeneem het.
In 2015 is die roete van 109 km na 47 km verkort weens die impak van brande aan die suide van die Skiereiland.
- Nolan Hoffman. Foto: Facebook.
- Toeskouers hou die wedren gretig dop. Foto: Facebook.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Ha-ha!!! Het nou self gewonder daaroor. Ry mans en vroue dieselfde afstand?
Is daar nie iemand wat kyk wat die kommentaar-skrywers skryf nie ?
Om fiets toere te reël in die water skaars is lawigheid.
Wow!!! Belewenis om die elite groep te sien inkom vandag. Sam Gaze het Saterdag op Stelkenbosch die UCI MTB Cross Country World Champs gewen EN hy het vandag weer gery en 2de gekom. En volgende week ry hy die Cape Epic. Wys net mountain bike riders hoef nie terug te staan vir padfietsryers. Baie geluk!!
Ek volg elke jaar die fietstoer en wat n teleurstelling toe dit nie vandag gebeeldsend was nie.Swak van Dstv en praat nie eers van Sauk nie.Gelukkig kon ek dele sien deur live streaming op You Tube.Wonder wat was die rede vir die besluit.